The dessert journey starts here
The journey in more than one way started with my first 3day meeting of the course which I've started on spiritual accompaniment. We're a group of about 20 people from a quite diverse group (me being only used to Afikaans-speaking NG's). Apart from the few NG dominees, there are (amongst others) Quecha (iow 'Mayan') and Irish priests, American and Sotho nuns. Mix that with a bit of Hervormd, Gereformeerd (dopper), Renaissance, Pentecosts and even a French girl and... well, that's what we'll find out, won't we. The photo beneath (fixed-up a bit) was taken in my roomin the the Fransiscan Retreat Center where we stayed over.
Meanwhile, back at the Tshwane Ranch, Petra packed our Golf3 (Shadowfax) and loaded 2 children to start her journey to pick me up (literally, this time) at the Center near Vereeniging. All the way to Nature's Valley for our good friend's Bharn's wedding! But, after 300 meters, the petrol-ouk discovered oil in the cooler-water. Head gasket's gone, says our mechanic oom Gerald. No way away, Jose. A nice excuse to try out the 4500l Land Cruiser and there they go again.
And, after some stressful days or so, the bride decided she'll fly over from England, come hell or high ashes! And, would you believe it, our friend even remembered his script. (Which was "Yes"). Success. Everything was better than nice. Wonderful people, wonderful scenery - and I'll have to switch to Afrikaans to get more poetic than that.
(Die onderste foto van die tent is deur fotograaf Annika Kritzinger geneem)
'n Paar van die mense. Twee van die stappers hier onder is Carina digteres-vriendin en Aden Ben-Gerrit van Niekerk. Ons het so lekker by hulle gekuier en 2 nagte oorgeslaap - heerlik om so te kan connect met mense wat mens eintlik so min sien.
voor en na. Ons het weer by die Gariep-plaas oorgeslaap (vandaar die lammertjies onder Eduan se hand) - by Monkeyland se lemurs gekuier - see geswem en lagune geroei. En... kar problem 2... Die Cruiser gooi sy fanbelts af 10 km na Graaf-Reinett en oorverhit. Maar daars hoop vir ons land - 'n vriendelike polisieman stop en laat ons op die vakansiedag in verbinding tree met Smiley die insleper-mechanic-posduifvlieer. Van 3:00am tot 22:00pm is 'n lang dag op die pad.
Nog so 1 of 4 fotos:
And some grass-root poetry:
Question of the day: Was this sign in the men's or women's bathroom?
En hier in die middel van my blog 'n diep oomblik in die vorm van 'n maandblaadjie se voorblad:
Die Here God het toe ’n tuin in Eden in die ooste aangelê en die mens wat Hy gevorm het, daar laat woon. 9 Die Here God het verder allerlei bome, mooi om na te kyk en lekker om van te eet, uit die grond laat uitspruit, ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van alle kennis. 10 Daar het ’n rivier in Eden ontspring om die tuin nat te maak, en van daar af het dit verdeel en vier riviere geword. 11 Die eerste rivier is die Pison en dit loop rondom die hele Gawila, waar daar goud is.
Wanneer jy die tuinroete al langs die Tsitsikama-kus af George toe ry, is daar ’n paar plekkies wat die dik bos binne-in jou laat sypel. As jy deur jou toegemiste karvenster 200 meter regaf na die Stormsrivier kyk, begin die pelgrimstog in jou eie oerwoud in. Koop ’n roomys daar langs die krans. Maak kennis met die Groot Boom en sien ampertjies vir Matthee se Saul Barnard in jou skaduwee se paadjie verdwyn. As jy nie te haastig is nie, kronkel dan saam met die Bloukranspas af en dan weer op langs kalanders en oumansbaard wat soos seegras hang.
Net so paar kilometer verder, nie ver anderkant die reusagtige “Birds of Eden”-voëlhok nie, het ek, my vroutjie en ons twee kinders ’n troue gehad. ’n Huwelik aan die anderkant van Eden, maar op ’n manier ook in die Paradys self.
16 Die Here God het die mens beveel: “Van al die bome in die tuin mag jy eet soos jy wil, 17 maar van die boom van alle kennis mag jy nie eet nie. Die dag as jy daarvan eet, sterf jy.” 18 Verder het die Here God gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke.”
Dit is goed as twee goeie mense mekaar vind. En so lyk dit wraggieswaar met vriend Bharn en Trucia. Alleenheid is soms wrede geselskap, veral as eensaamheid ook saam met hom by die deur ingesluip het. Tweesaamheid, aan die anderkant, is reg uit die paradys. Die oerbos is ‘n paradys wanneer albei saam beter mense is as elkeen op hulle eie. Wanneer jou binneste tevrede glimlag as jy in die middel van die dag aan die ander een dink. Wanneer jy trots is as jy jou wederhelf aan mense voorstel. Wanneer jy gereeld vir God uit jou hart dankie sê dat julle paadjies ook een paadjie is. Merk jy nog regmerkies langs hierdie beskrywings van jou of jou familielid se huwelik? Of het ons nog die bitter galsmaak van die Groot Boom in ons mond?
3:6 Toe besef die vrou dat die boom se vrugte goed is om te eet en mooi om na te kyk en begeerlik omdat dit kennis kan gee. En sy het van sy vrugte gepluk en geëet. Sy het ook vir haar man by haar gegee, en hy het geëet. 7 Hulle altwee se oë gaan toe oop, en hulle besef dat hulle kaal is. Toe werk hulle vyeblare aanmekaar en hang dit om vir klere. 8 Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin.
Daar is baie dorings en dissels wanneer dit ‘n tweede of ‘n derde huwelik is. Of wanneer “Dis jou skuld!” soos vrot tamaties heen en weer gegooi word. Wanneer oortyd-werk ‘n seën is, want dis langer weg van hom of haar. Wanneer kinders die enigste gom is wat julle twee bymekaar hou. Waar die hamers van kerk en Bybel net die swaar skuldpen dieper in jou dooie hart inslaan. Waar ek liewer die naakte waarheid vir God en mense wegsteek. Probeer wegsteek.
Anderkant Eden is hoop gebore. Ry nog verder langs die Bybelse pad en kom uit by ‘n kindjie in ‘n voerbak. Anderkant daardie oerbos is ‘n kruis wat nie ons harte vaspen nie, maar helder gate maak in ons donker verlede. Anderkant die kruis is ‘n leë graf wat nuwe lewe en lig bring. Wanneer ons agter ons bos uitkruip en my ekkigheid skaam voor God bely, is die fondament van ‘n vars huwelik klaar gebou. God maak vir jou ‘n pad oop deur die dood na ‘n nuwe lewe. God wil vir ons nuwe lewe en vreugde in ons verhoudings gee. Ons Here plant ‘n saadjie in die vrugbare Tsitsikamabos. ‘n paar kilometer anderkant Eden.
Terug by die huis is daar die volgende opwinding (behalwe dat Gift ons reeds-stukkende kar in die garage in vasgereverse het) : Eduan word 4. And being Eduan, al his friends must be invited. And being Eduan he had a lot of friends coming over for his T-Rex party.
En Annika? Haar troos kom in die vorm van 'n groeiende slap-oor liefie en "Kinderhoekie" - ons nuwe RSG-ontdekking 19:10 elke aand.
(Video is geneem met my nuwe selfoon se kamera - lekker speelding)
Ter afsluiting: NOG 'n Wondernuus voorblad. Dalk haal my foto selfs ook die voorblad - dis as Wouter dit nie wel wegredigiseer nie.
Simbole vir ons tyd
Aan my kant van ons dubbelbed se rugleuning hang daar twee goeters. Die eerste een is ’n klein houtkruisie wat ek om my nek kan hang. Al is ek glad nie ’n hangertjie-mens nie, dra hierdie dominee dit gereeld kerk toe. Dit is mos ’n baie belangriker Christelike simbool as Die Das (wat vir my ook ’n simbool van lyding is). Daar is nie ’n belangriker en ryker simbool as die kruis nie.... Maar die ander simbool wat om die hoek van die bed hang, is self ook swanger van betekenis.
’n Mus. ’n Groen en geel Bafana Bafana mus. Selfs voor die groot afskop teen Mexico (vandag oor 22 dae!) is dit alreeds ’n simbool van hoopvolle vernedering (ook soos die kruis, as ek dit mag sê). Maar dit net tussen hakies. Vir hierdie koue wintersoggende is dit lekker om my hande op ’n mus te kan sit en my ore en groeiende voorkop daaronder. Ons bloubloed boeremense van Pretoria is egter nie almal ewe opgewonde oor hierdie groen en goud nie. Miskien is dit daarom dat ek nog nie hierdie simbool kerk toe aangetrek het nie. Maar hy gaan al gereeld saam na Kwikspar toe. Buite die kerk en buite my huis is hy ’n simbool van ons liewe land – van dit wat (“liewe land!) hier aangaan rondom ons of ons nou wil of nie.
Ek het nog nie hom kerk toe aangetrek nie. Maar ek dink ek moet. Miskien moet ek vir die volgende week liewer my kruis na Quik-spar toe aantrek en my mus kerk toe dra.
’n Kruis na Kwik-spar? Om te spot met heiligsgoed? Nee, om heiligsgoed in die wêreld in te dra, net soos Jesus.
In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God ...
En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou... (Joh 1:1, 14 - Ou Vertaling)
Dis dan seker nie verrassend dat Jesus dan sy navolgers beveel om ook hulle kruise op te tel, om hulle harte hang, en na al die Spars in die wêreld toe aan te trek nie.
8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” (Hand 1:8)
’n Bafana-mus in die kerk? Om te spot met heiligsgoed? Nee, om die wêreld na ons heiligsgoed uit te nooi. Sal dit nie wonderlik wees as 3000 musmense soos die eerste Pinkster in ons samekoms inkom en deur die Heiligheid van die Gees oorrompel word nie? Sal dit nie wonderlik wees as mense van verskillende tale die Goddelike taal van liefde en versoening by ons leer ken nie?
Jesus hoort in die wêreld en die wêreld hoort in die kerk. Dis Pinkster vir jou!
And lastly (priomise!) - just for sympathy. One feminine wisdom tooth gone.
One male root canal halfway.
Coming (probably) in the next issue: How to survive Nam.
Labels: Bella, Bharn and Trusia, Nature's Valley
0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home