Spogkinners en geduikte karre
Met my boude in die botter van die wintervakansie, sien ek nou hoe 'n lekker lewe ons hier het. Selfs al is my hande koud soos ek hier tik. Selfs het stoffel en Shadowfax die afgelope maand ongevraagde duike bygekry en het ons ons Outsurance-bonus verloor. Die grootste plesier is sekerlik ons spogkinders. Die Eduan-gogga kan nie ingekleur word nie, maar wen toe sommer die inkleurkompetisie by Rinkel-Krinkel.
By playball se skopperye en hopperye spring hy ook tot hoe hoogtes. Met die video hier onder wys die tweetjies hoe oom Hendrik hulle dril. Annika is self baie oulik, maar die seuntjie is beslis met springs onder sy voete gebore.
So week of 2 terug was dit Pappa-dag by sy skooltjie. Nadat die dominee (raai wie!) 'n boodskappie gegee het en almal sop gedrink het, is ek deur die ene Eduwhan-Kenobe op 'n begeleide toer na al die klimrame geneem. Sy beste maatjie is Emile - maar dis beslis nie al een vir hierdie krulkop nie.
Daar is nie baie subtiel vir ons vertel dat Annika ook 'n spogkind is nie - sommer 'n sertifikaat baie dankie. Hoe anders met daai gene van haar? Ek moet net onthou om haar hare te kam voor ons uitgaan - nou die dag gee ons local boemelaars vir haar R8.05.
Ander prettighede is 'n Bybelstap wat ons gehad het - die 5 km was toe beslis meer as 6, maar die pannekoeke en die lekker sing na die tyd het daarvoor opgemaak.
Petra is deesdae ernstig aan die kitaarspeel. Ons pianis by die gesinsdienste (Andrie) gee haar selfs klas op Woensdag-aande en sy klink regtig goed. As alles goed gaan begin sy volgende kwartaal by ons sanggroep in die einste gesinsdiens saamsing en speel. Wat 'n spogkind! ;-)
Ek is op hierdie stadium effens groen as ek aan die Groblers dink - hulle het 'n lekker toer in Skotland. Darem ook 'n draai gemaak by die McKritzingers. Hier speel Hannah en Nina in my boet se "lawn". (Ek wonder hoe se mens "lawn" in Skots?) Nie sleg vir 'n tuin nie!
Ou nuus - maar op publieke aanvraag sluit ek af met die bewyse dat Bokvan Blerk eintlik bedoel dat dit EK is wat die boerevolk lei. Uit die argiewe ook 'n familiefoto.

0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home