Ons webalbum

Elke maand (omtrent) n paar fotos, stories of gedagtes uit my keyboard

Friday, January 23, 2009

Kersfees, skole en 16-pond hammers

Dit was die Groblers se amptelike kersfees en Muriel en die Avenants het spesiaal van oorsee af gekom en nog persente saamgebring ook. Soos my driepoot wat hier 'n foto moontlik maak met sy buigbare pote.







En dan natuurlik die gespuis se 4x4 uitstappie na Hennopsrivier se mooi terrein. En getroue, wetsgehoorsame burger as wat Pa Dirk is, gehoorsaam hy natuurlik die padtekens tot op die letter (send wife through water)!










Voordat die skole aanbreek, maak die Clarens-grootouers ook 'n draai in Pretoria, ongelukkig agv oom Eddie Bruwer se begrafnis. Hulle bly in die Wollies se woning, en amper of daar is groot moeilikheid! Inbrekers betrap hulle op heterdaad waar hulle, Tombi en die grote Moenja baie vas slaap op oujaarsnag.








Twee partytjies verwelkom 2009. Eers Jade s'n (volgende Saterdag is Chelsi s'n). Die tweetjies kry maar bietjie swaar sonder mekaar se konstante gilletjies.









En dan kleinnig Charle, waar water in bakke gegooi word, met GROOT klere gehardloop word, na diere agterop 'n akkie gesoek word en nog vele ander pret.












Intussen swoeg pa voort om sy kinders se lewens luuksheid te maak. Volgende uitgawe 'n toer deur ons nuwe badkamer! Nog net die kaste kort.
Hiers n oupa om nie mee te mors nie




Dit reen deesdae te lekker en mens kan lekker in die modder speel.



Maar elke dag is dit eers weer hoktyd vir die wilde diere. A gaan eers Laerskool Saamspan toe - maar met 35 kinders in haar klas, maak ons die moeilike besluit om haar 'n besige Bergie te laat word (net 20 kinders, en een lyk en klink toe wraggies nes haar niggie Zia - spesiaal om haar welkom te laat voel). Ons was net glad nie bewus daarvan hoe groot die skuif na die LAerskool is nie - en dat dit in Graad R al begin!

Eduan is by Rinkel-Krinkel en charm daar groot en klein. En Gift is na Suiderberg-skool - net so kilo en 'n half van ons huis af.

0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home