Ons webalbum

Elke maand (omtrent) n paar fotos, stories of gedagtes uit my keyboard

Monday, May 12, 2008

Hoë Hoogtes in

Toe is die lewe na Narike se troue ook nie net stilte nie. Vir Petra het dit darem met stilte begin toe sy, Loukie en die skoonouers by Good Shepherd gaan retreat hou het. Dit was vir almal 'n goeie ervaring.
Maar die vroutjie wat die Labarint (amper soos 'n doolhof net anders) se 777 treë kon deurloop bevind haar 10 km later weer in 'n realistiese wêreld van zonkies (of is dit nou donkas?), Jeeps wat vashak, en familie. Vir oulaas 'n piekniek by Hennopsrivier voordat ons Herman en Adri weer na die warm plek stuur.
(Hier bo is 'n zonkie wat belangstellend snuffel aan E se hand wat hom wortels voer)
Teen daardie tyd is Annika al oppad na die berge. En sneeu! Met sneeumanne en 'n ouma wat haar wraggies met 'n sneeubal teen die kop tref.

En 5 dae later, met een van die reeks langnaweke, join ons die Clarens-dom in Cambalala. 'n Bergklubhuisie dieper in die berge in as Heidi se oupa. Vanuit die stoep kyk jy op na Cathkin-peek en agter ons hou die Saddle en God se Katedraal wag.

Terug by die huis is dit my eerste Pinkster-reeks wat ek man alleen takel. Was ek maar alleen toe ek my en Petra se eerste halfmarathon doen. 'n Vrou met 'n fikse lyf en 'n man met aktiewe ego is 'n dodelike kombinasie wat vir ons 'n tyd van 1 uur en 57 minute gee. (Applous asseblief, anonieme blogleser!) Maar my knie kan darem nou al weer buig.

Terug by mpinkster: Dit was 'n goeie leerskool met die tema van "Skatte in kleipotte" (nav 'n boek en 2 Kor 4). En die Sondag daarop , op Pinksterdag, het ons 'n spinternuwe banier voor by die kerk op.

Maar Saterdag 10 Mei roep ek toe die hele gemeente op om vir Eduan 'n basaar te hou vir sy 2e verjaarsdag. Ek versier toe mooi 'n bloubul koek vir hom en die Sondag eet hy sy tong op. (Ek bedoel Eduan eet die bul se tong op. Ons het darem die oulikste kinders, het ons nie!

Labels:

0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home