Die Groot Troue!
So was Narike en Pierre se troue - ek weet nie wat ek daaroor kan se nie, maar ek moet iets skryf. Anders word my blog beslis deur die hele familie aangegee. Was dit lekker? Ja... maar help my as jy 'n digter is! Dit was lekker. Narike was pragtig. Pierre was nie pragtig nie, maar ek was baie bly dat so 'n ou nou in my familie is (al is dit aangetroude familie). Dit was lekker dat ons naby-gesin so 'n deel kon gehad aan die partytjie: Ma en pa natuurlik met alles, ons met die kerk- en ander blaadjies en almal het erens 'n vinger in die pie (of blomme bv) gehad. Selfs Pierre se familie het 'n aandeel gehad - sy pa het hulle bv getrou...
So kyk maar na 'n foto of 2:


Vanmiddag kom die pasgetroudes juis by ons koffie drink so in die tussenspel tussen Mauritius en hulle gedeelte London-huisie.
Pierre en Narike - dit was die lekkerste lekker. Mag julle so gelukkig wees. Die pad is nou oop om net al hoe liewer vir mekaar te raak. (En dink nie julle behoort daarmee te sukkel nie). Kinders by dosyne :-)
Labels: Pierre Narike troue
0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home