'n Vakansietjie
Hellou da! Kyk net hoe vriendelik groet ma en seun julle uit die tentjie. Die April-vakansie het sommiges van ons 'n bietjie van 'n asemhaalkans gegee en dit gaan nou 'n bietjie rustiger. Miskien omdat die siektes ook 'n bietjie asem geskep het (hopelik hulle laaste asems uitgeblaas het vir 'n ruk)
Gepraat van asemhaal. Die rustige vakansie het ek afgesluit met 'n retraite (in Frans - sommer "retreat" in engels) by die Good Shepherd Retreat Center langs die Hartbeespoortdam. Julle sien sommer 'n hoekie van die einste dam in die foto vanwaar ek op my sonsondergangmeditasie-klip gesit het saam met 'n psalm. Dit was heerlik om regtig sielsdiep asem te haal en my binneste kans te gee om by my lyf uit te kom. Hoogs aan te bevele hier in Afrika.
Gepraat nou al weer van Afrika. Kyk net watse wilde ongediertes kry mens in hierdie kontinent. En dis net as ons om die blok stap!
Watch this space vir 'n paar familiefotos. Die London-neus (effens witterig as gevolg van gevrek aan son) Narike moes kom papiere invul in die suide laas naweek. Die volgende langnaweek is ook op ons en ons is oppad Clarens toe. 'n Herfsvlamboom of wat is binnekort ook hier op die web, in jou rekenaarkamer.
groetnis
1 Comments:
At 10:01 AM , Rika said...
Baie oulik. Doen asseblief so voort.Ons geniet dit baie om ons kleinkinders op die internet te sien!
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home