Ons webalbum

Elke maand (omtrent) n paar fotos, stories of gedagtes uit my keyboard

Friday, March 23, 2007

Hie's ek weer! Voor ek jou befoto, is hier 'n song wat ek laas week vir onse gemeente gespeel het. Sover niks omgekrapte kommentaar daaroor van ou tannies af nie. :-( Almal het seker teen daai tyd al geslaap. :-)



Hoekom - Vir ons gebroke braakland (ddisselblom)
Dis waar ek vandag vir jou sing en wonder
Wat is jou droom wat wil jy hê?
Is dit om ryk te wees,
Of net om kos te hê as jou kinders honger lê?

(Koor)
En ek vra jou nou, wat de hel nou?
En ek vra jou nou: Dominee, wat de hel nou?

Wat gebeur as jy oud moet word – is dit wysheid, bitter of net seer?
Wat is die keuse wanneer oumense van hondekos moet leef?

En ek vra jou nou, wat de hel nou?
En ek vra jou nou: Dominee, wat de hel nou?

En jy wil sê, En jy wil weet, En jy wil vra – dis reeds te laat
Wat moet ons dink as siekte of dood ’n jongmens hier kom haal
Vergeet van die mooiste roos – die lewe, die lewe bly brutaal

En ek vra jou nou, wat de hel nou?
En ek vra jou nou: Dominee, wat de hel nou?




(nice, he!)

Gepraat van die brutale lewe. Kyk net hierdie brutale seerower







Dinsdag was ek en P 8 jaar getroud. En toe gaan le ons tot laat oggend in 'n lieflike houthuisie buite Magaliesburg. Ouma en Oupa was so gaaf om E se eerste aand sonder Mamma aan te durf. Lieflike plek. rustig. sielsverfrissend. al daai goed wat hul op die adveretensieblaadjie se.

Labels: ,

0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home