'n bietjie-blog bladsy
Dis donderdag-oggend en wraggies, ek kan 'n blog skryf. Toe die jaar begin het, het hy behoorlik begin en nou is dit al amper paasnaweek met hotcross-buns en paaseiers! Vandat die skool weer begin het, preek ek basies elke week, met 'n spul ander dinge daarmee saam. Die informele gesinsdiens is 'n fees en werk baie goed. Terwyl ek nooit iets aan my hande (wil) dra nie, sou ek seker jok as ek se dit pas my soos 'n handskoen. Dan se ek maar dit pas soos kaalvoete (al preek ek darem met Hi-tech tekkies). Daars nog 'n end om te gaan, maar dis duidelik iets wat gaan bly. Die ander ding van die 1ste kwartaal wat 'n eerste was, was dat ek (saam met Jaco, 'n dopper-dominee, regs in die foto hier onder) saam 'n Retreat vir ons twee gemeentes gehou het. Dis so lekker om 'n 'kamp' aan te bied, maar steeds 100% deel kan wees en die rus van so naweek te geniet.
(Sommer ook 'n foto van die dam van net bokant die Good Shepherd Retreat Center)
Van groot sosiale geleenthede en naweke was hierdie 2 maande betreklik stil. 'n Dag in die lewe van ons lyk omtrent so:
- 4:00 staan Petra op en probeer so by 5:00 die huis uitsluip sonder om die kinders wakker te maak. Eduan word egter wakker, maar met vernuf en "melkies" kry Naude hom soms vir nog so driekwartuur uitgesit.
- 5:45 is die Filistyntjies op Naude terwyl Petra se rustige dag by die werk in Midrand begin.
- 7:25 daal stilte neer en begin die oggend se program van werk in alle erns. Soms tussen-in word 'n draffie ingewerk. P het skielik geesgevang en doen Saterdag haar 3e race van 10km. En hierdie keer gaan N saam. Saterdag s'n se naam is .... "Die Monster" (soos in genuine; dis in Brooklyn se berge)
- van so 14:00-15:00 word daar gearriveer en is die erf se stiltes iets van die verlede. Ons gaan haal ons kroos en die 2 buurseuntjies, vermaak hulle miskien vlugtig met pienk melk of (soos hier onder roomys) en neem hulle langsaan toe.- (15:00-17:00. Dan speel ons gewoonlik as gesin saam tot die aandetenstyd program begin. Klein ander dingetjies moet ook partykeer gebeur, maar wat 'n wonderlike lekkerte om in hierdie gejaagdheid die meeste middaes saam te kan wees. Dis so 16:30 se kant wat ons dan die kinders om die blok jaag vir oulaas. Eduan stap ook deesdae die grootste deel self, terwyl A hardloop of fietsry.
- Vanaf 18:30 is dit weer rustig en verdwyn N gereeld vir werk-vergaderings of gesprekke. En dan maar nie te laat weer in die bed kom as mens 4:00 wil opstaan nie.
Nou ja, daars 'n dag. Een kuiertjie in Januarie moet ons darem uitlig. Ons is Secunda toe want P se niggie Elmarie en gesin het uit Australie kom kuir. Hier sit die klein-niggies en -nefies op 'n trap.
E was heel opgewonde oor sy kangaroo. (hy "hop, hop" net soos hy). Maar deesdae gaan Barney oral saam. As jy nie weet wie is Barney nie, het jy nie klein kinders nie! (Vry vertaal: Barney is 'n dinosaurus van onsverbeelding. Al dink jy dalk hy is 'n groen en perse speelding). As hy in die nag wakker word en Paaaappa of Maaaaama skree is sy eerste woorde nie meer "tee" of "melkies" nie, maar wys hy na die gedroggie onder sy arm en se "Barney". A is hierdie dae verskriklik liefdevol. Dra die heeltyd dinge vir ons aan of teken prentjies "omdat ek vir jou baie lief is".
Volgende blog gaan daar 'n ding of twee wees! En een van die dinge gaan 'n BRUID wees met die naam van Narike. Die ander ding se naam is Pierre. Iemand moet sorg vir 'n donker agtergrond, he Pierre. Lekker. En ons huweliksherdenking naweek le voor. En ons gaan by Clarens kuier. En wat nog sal die tyd maar moet leer.
groetens vir jou as jy wil he
N(&P)

0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home