Ons webalbum

Elke maand (omtrent) n paar fotos, stories of gedagtes uit my keyboard

Monday, July 23, 2007

101 dinge om met jou verlof te doen

'n maand later...
En 3 weke daarvan verlof - nie sleg gedoen nie, ne! Veral as jou vroutjie ook werkloos/tussen werke/ op onbetaalde verlof is. Dan kan mens byvoorbeeld uiteindelik saam na Hanrie se coffee-shop gaan en na Portchie se gallery daarlangsaan kyk (gaan gerus na sy web-gallery - dis die niceste skillerye)
En dan kan mens sommer 'n dag lank by Gold Reef City uithang. My eerste keer ooit. Mens betaal R100 en dan kan jy soveel rides ry as jy wil, (hier onder is die anaconda en P op die groot wiel).

Jy kan ook 4D flieks kyk (die 4de D beteken jou stoel skud, jou hare waai deurmekaar in die bos, die ysbeer nies jou papsopnat, ens). Jy kan ook eet en drink, maar daarvoor moet jy ongelukkig betaal. :-) Dankie vir daai wonderlike Wierdapark oupa en ouma wat die kleintjies oppas.

"Wat nog in jou verlof, Naude?", mag jy dalk vra. "Net wat ek wil!", mag ek dan antwoord. Soos 'n water-feature maak. Met 'n spesiale 2e uitloop vir die pompie vir as die ding te veel lek. Dan maak jy maar 'n fonteintjie in die onderste bak, jy sien.

En dan... parra pa pa pa paaaaah. Pietermaritzburg toe. Dis nou die naweek wat pas verby is. Dat mens soveel lekkerkry in een naweek ka
n inkry! En dan was Petra se nuwe werk (Postilion, in midrand) so gaaf dat sy Maandag kon begin werk en dan Vrydag 'n dag verlof kon insit. Sy geniet dit baie - selfs al die werk nie so grand koffiesmasjien gehad het nie, sou sy dit geniet. 'n Lekker 6/8 pos van 6:00 (ja!) tot 13:00 en woeps is sy weer by die huis om met die kinders te speel. Maar so van speel en koffie gepraat, laat ons nou ons innerlike oog weer draai na die kuiertjie in Natal.

By hulle huis (het julle huis 'n naam, Vans - ek dink julle moet een vir hom/haar kry) het ons heerlik gekoffie en geeet (hoe klink "kaya brasseri" - naah!). Die niggies het ook heerlik gespeel en opgedres en die hele tuin en huis vol gefantaseer en gegiggel. Kyk of jy die vlieende Eduan kan spot op die 3e foto.

Tussenin was daar nog uitstappies na hulle woud (met 'n regte grot vir die prinsessies),

'n uitrit na Durbs se strand, (die blou is ingekroek, oukei)

'n uiteet by n spaanse restaurant - selfs 'n uitdraf wat ek oorleef het. Ou Hanrutjie is ook die liefste ding - hy raak al hoe meer seuntjie met sy oop-driehoek glimlaggie.


Ja inderdaad: so baie het gebeur dat ek nie eers
iets gese het van my verjaarsdag (dankie vir al die prezzies), ander lekker vriende en familie kuiers en Harry Potter nie. Nou het ek.

groete tot die volgende keer.





'

1 Comments:

  • At 9:45 AM , Blogger Rika said...

    Dit is baie nice. Volgende keer wil ek saam met jou op verlof wees!

     

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home