Diere-maniere
Oudergewoonte dink ek daar het maar min die afgelope maand gebeur. Toe kyk ek na ons fotos... Toe sien ek dis 2 maande. Toe begin ek blogeer.
Eers het die wintergriepe ons gevang en oor ons almal behalwe Gift gehardloop. Maar toe "wen" Petra se harde werk vir ons 'n weekvakansie by Dikhololo. Ons bly teenaan 'n koppie met dassies en, ten spyte van die griep wat nog in ons lywe sit, geniet ons ons gate uit.
Daar word fietsies en op bootjies gery, in stof gespeel, balle geskop, geswem, put-put gespeel, uitgeeet. En wanneer die kinders so half 6 die oggende ons en al die bure wakkermaak, gaan soek ons diere. Dis verrassend vir ons hoe lank dit die kinders se aandag hou (al is dit op die wysie van Liewe Heksie, Jan Tuisbly en ander treffers). Die mees besondere dier was sekerlik die tweekop-kameelperd, maar van ander diere was daar ook geen skaarste nie.
Maar die kwartaal het daarna volstoom begin. Ons het nou al lekker in die patroon van Dinsdae-middag swem begin kom. Petra gee die een swemlesse by Wonderpark se Virgin gym terwyl ek die ander een vir 'n roomys of klimraam stiek.
Die Lente het intussen "pass" geroep en die somer het direk gekom. Dit maak my sommer weer lus vir tuinmaak (gonna, laat ek die sproeier gou weer gaan skuif... ... a, daars ek terug) of in die berg klim. Hier onder het Jade (Annika se beste maatjie kom speel)
Natuurlik ook 'n paar verjaarsdae tussen-in gevleg. Eduan sing sommer al op sy eie "Veels geluk liewe tannie Chrissie of Oupa of Ouma" oor die telefoon. Gift het sy eerste verjaarsdagpartytjie ooit hier by ons (saam met 2 vriende) gevier, en ek het my 34 geslaan (of slaan hy my?).
Eersgaande Saterdag gaan kuier ons toe by Ta'Malies by die Hartbeespoortdam. Lekker opset met plaasdiere en die kole klaar lekker warm en die pap en slaai in hulle bakke. Heerlik om so met Hendrik en Lizette te kuier. My supervrou red toe sommer hulle Henry-seuntjie (hier onder saam met Eduan) se lewe toe hy aan 'n stuk boerewors verstik.
P is soos altyd ook besig met verskeie projekke en dinge - Hier onder is haar poloodskets van Annika wat aan my hang. Die kinders word tappiserie geleer en verf rond en bont, ander tekenwerk word aan gewerk en trekke word georganise. En ai, Muriel is ook nou, soos haar boet en sus ook na oorsee (die oranje ondersee eintlik) toe. In die proses skaf ons haar Shadowfax, 'n blitsige Golf3, aan en het Tassies ons tassies vir die laaste keer gedra. Drie hoera's ook vir Stoffel wat in die tyd sy 200 000 km merk gemaak het - sonder 'n enkele kreun of steun. Viva maroone Volkswagens viva!
'n Vaarwel roep ek aan. Vaarwel.

0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home