Ver in die ou Kalahari
Tot by Twee Rivieren in Kgalagadi.
En hier volg die dagboek verder tot voor die Groot Vis. As die woorde jou verveel, kyk maar net die prentjies.
19 Jun - Kgalagadi Transfrontier Park: Twee Rivieren na Mata-mata
Ek was vanoggend weer eerste op - my lugmatras het weer afgeblaas. snaaks dat gaatjies hulleself nie spontaan regmaak nie! So rustig asof ons op vakansie is, slaan ons kamp af en laat ons paspoorte stempel. Ek kan selfs weer n halfuurtjie met die psalms en die Koning van die duine kuier. Eers 10h45 kom ons weg na mata mata en net na 3 is ons daar. Heerlike pad - die veld is so mooi.
Hier sit ek en erik met n bier op ons kampstoele en roep die eekhorings nader vir n close-up.
This is life. More ry ons na keetmanshoop se kant en sien watter kampplek sit die hoogste bie in. Hier laat jy nie dinge gebeur nie. Die dinge gebeur met jou. Soos ons middagete wat die band se welf met ons laat gebeur het op die perfekte piekniekplek. [Johann het hier nog die instruksies vir die 'heavy-duty jack' nodig gehad. Later was dit nie meer nodig nie...]
[Elsie kon nie die versoeking van 3 aantreklike mans wat by 'n put in die Kalahari afkyk, weerstaan nie]
20 Jun - Mesosaurus-park
Na n aand by Mata-mata gaan ons oor die grens. Johann vat ons vir n roaler-coaster ride (of is dit n seerit) oor die rooigolwe na die C17. die pad na Keetmanshoop. 'n Ent verby Koës trek ons af by Mesosauruspark.Dit eindig in n nag onder n versamelvoëlnes en tussen kubus-ysterklip stapels en kokerboomkoppies.
Ons nuttig 'n bier en Filadelfiese kaas by die uitsigpunt wat na die Karasberge uitreik. Skielik is die volmaan weg, druppels begin val en moet ons met (spring)haas by die koppie afstrompel voor die weerlig ons uitslaan en die reen ons braaiery uitreen. Maar n halfuur of wat later sit ons in Elsie se tent en eet skaaptjoppies en melk. n Suksesvolle dag in Nam. En met die reen in ons neusgate en op die dakke raak ons aan die slaap.
Ek skryf hierdie nou net verby Keetmanshoop.
Dit was n koue dag sover en die reen dreig gedurig.
Ons het n interessante toer gehad saam met die fossiel- Giel en toe die pad na Hobas begin aanpak. [Hier onder bespeel hy die Doloriet wat elders bekend staan as "God's Playground"]
Canyon Roadhouse
So 2+ ure later is ons weer op dieselfde plek as die vorige inskrywing. Dis nou na n bandbars en middagete op Qualitytires se foyer. En met een wiper ry ons die sonsondergang binne deur berge en nat kleidale.
Dis donker en die Landie lyk bruingeskilder toe ons aankom by die roadhouse. En die reenerigheid laat die kampplek-uitdeler se hart voor Elsie vermurwe en ons kry n luukse halfgedakte lapa -droë grond vir die laaste nag. En die volgende oggend is daar amper nie n wolkie in sig nie.
Visrivier canyon here we come! Rugsakke gepak tot oorlopens toe. Johann se poging tot die quote van die dag: 'DAARS N WOLKIE so groot soos n man se hand op die horison... '
Labels: kamp, Kgalagadi, Mata-Mata, Mesosaurus Park, Roadhouse Canyon, toer, Twee Rivieren
0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home