Dis weer Vakansietyd
Met Annika as skapie ("More liewe skapie - me me me!") en Eduan as vette wurm Jan ("Wat het hy weer aangevang?"). Maar voor dit het hulle ons verras met hulle musikaliteit olv tannie Zenda. Wat ons die meeste verras het, om eerlik te wees, is dat Eduan vir 5 minute stil gestaan het.
Daarna was dit Clarens toe - net sonder P. Maar die moeder hart was bly - kinners in die huis nie meer. Almal het gescore: Petra kon sane bly terwyl sy kersinkopies en verjaarsdagreelings doen. Naude kon wegkom en ontspan in die verlof wat hy anyway hat en kinners speel heerlik by Clarens oupa en ouma.
Hulle speel al hoe lekkerder ook met mekaar. Vakansies waar ma en pa selfs uitrus begin op die horison aankom.
Clarens is pragtig met al die blomme en groenheid
Die piekniek-uitstappie na Meiringskloof sorg vir ontdekkings van allerlei interesanthede, veral die oorhangkranse en 'n pragtige padda. Die versoeking is groot om vir A grotvrou-klere hier onder in te edit
Die padda wen beslis die skoonheid van die skoenlapper. Watter prinsessie het immers al 'n skoenlapper gesoen? Maar helaas - geen foto van die padda nie.
En dis 'n terugjaag na Annika se partytjie met seegrasse, dolfyne, seesterre en boeresport. Dankie Chrissie vir stoeloortreksels.
Pietermaritzburgh toe. Met Chrissie-hulle wat ons wil intimideer tot semigrasie. Hulle hanteer ons soos konings op 'n rooi tapyt.
Hulle lok ons met heerlike kosse, downhill-bergfietspaadjies in hulle plantasie, uitstappie na Durban-strand, botaniese tuine, Queen's natuurreservaat en natuurlik lekker kuier en oulike niggies en nefie.
Lekker plek daai. Maar ons - of eintlik pa Dirk - bou aan ons eie lekker plek. 'n En Suite badkamer wat al klaar geteel is, al loop die paadjie daarheen nog by 'n leer op en deur 'n venster. Ons sien uit na die luuksheid!
Ek sluit al weer af met 'n Wondernuus voorblad. Die keer vir die nuwejaar. Dalk is dit ons badkamer wat my so geinspireer het.
Tjeers vir eers.
Kom bou saam in 2009
My dogtertjie bou toe ‘n kerk met die houtblokkies wat haar oupa 2 verjaarsdae terug gegee het. Dit begin as ’n kasteel, maar toe die een en enigste toring begin hoog staan, word ’n blaartjie bo-op gesit. “Jy is ’n hoenderhaan”, beveel sy die blaartjie en so word die kasteel ’n kerk.
Aan die ander punt van die nuutgestigte kerk bou sy toe ’n voël met ’n houtsnawel en -vlerke. En dis toe waar haar dominee-pa nie anders kon as om haar te oortuig dat dit asseblief ’n duif moet wees nie. Want die jaar wat nou nog aan die uitbroei is, is die jaar wat ons tot in ons murg wil leer uitroep:
Ons weet dit mos in ons koppe, maar ons het so nodig dat die Here daardie besef na ‘n dieper diepte in ons wesens laat afsak. Sodat ons met elke inasem en uitasem sal weet: “Sonder Hom is ons niks”. Die Heilige Gees is die rede hoekom ons ’n kerk is – Hy gee ons asem. Hy is die een wat ons wys waarheen ons moet gaan en aan wie ons Jesus se liefde moet gee. Die manier hoe ons die naaste aan hierdie besef kan kom, is waarskynlik gebed. Dis op ons knieë dat ons weet ons het Hom nodig. Dit is naby aan Hom dat ons weet Hy is ons alles. Dit is as ons van gebedsverhoring vertel dat ons weet Hy gee alles.
Om die kerk mooi af te rond, haal die kerkplantertjie ’n opgehangende koekie van ons kersboom af en hang dit bokant die deur van haar kerk. Ek belowe, sy dit doen dit! “Sodat elkeen wat kerk toe kom, ’n hap van die koekie kan vat.” Klink vir my na ’n lekker kerk. Die tipe kerk waarheen ek graag sal gaan. Selfs al is jy nie lief vir Jesus nie, kan jy maar hier verbyloop en ’n groot hap vat. Want Hy is lief vir jou. Veral vir die’s wat maar al te goed weet dat hulle afhanklik is van ander om die maand deur te kom. Veral vir hulle wil hierdie nuwe kerk koekies van omgee en vreugde uitdeel.
Dit in ’n neutedop wat ons droom vir ons gemeente in hierdie jaar. Dat ons sal begin bou aan ’n kultuur van gebed en van hulp aan noodlydendes – en dat ons so al hoe dieper sal besef dat ons afhanklik van die Heilige Gees is. Wil jy ook kom saambou in 2009?
0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home