Die jare en tande en arms en baarde waai
Ek het 'n kompetisie gewen! En die pizza prys is klaar verslind. Eerste plek in die apache-baard afdeling. Maar selfs ek moes maar bietjie handjie-bysit en my baard stukkies-stukkies afskeer. Dit was die lekkerste basaar wat ek al gehad het, dink ek. Dis nou behalwe vir die rowe op my neus omdat Annika haar dominee-pa met 'n nat spons in die gesig gegooi het. Ek het op daardie stadium darem 'n spesiale bril opgehad vir die geleentheid.
Die tema van die basaar was TOEKA BASAAR. groot pret - die mense het lekker deelgeneem.
Maar voor my hare gewaai het, het Eduan se mangels gewaai. Shame! Maar intussen is hy weer die ou rondspringende self - al het hy in die proses geleer hoe mens besonder in oorgawe kan kerm.
En n ruk daarna was sy 3e verjaarsdag. Met 'n skatkiskoek en munstukke wat nog steeds ons belonings aan die einde van die dag is. 'n Heerlike gespelery met maatjies Emile, Zervicht en Tebo (Johanna se kleunseun) wat hier kom spring, hardloop, jelly eet en skattejag hou. En heerlike geskenke gekry van al die familie - as ek n persent moet uitlig, sal ek almal moet uitlig, want almal is favourites! Annika het goedgunstelik haar ou fiets vir hom persent gegee nadat ek en sy hom eers blou geverf het. Die fiets se naam is..... Blou Fiets - se net ons kinders is nie oorspronklik nie.
By Annika het ook 'n paar goed laat waai. Soos haar arms met haar eerste ballet-eksamen. Sy was blykbaar baie oulik - ons en haar Clarens oupa en ouma kon nie eers kyk nie, maar sy kry toe sommer die meeste van haar klas met 85% .
By die skool is dit vir ons lekker hoe sy dit geniet en baie maatjies het. Die interkulturele maatjies is vir ons ook positief. Hier kuier haar heel beste skoolmaatjie, Wandile, by ons. Maar dan's daar Alicia (die Zia-lookalike), Page (Engelse maatjie wat ook saam met haar ballet), Emmerentia, Bassi ('n Zulu-maatjie) en nog.
En haar tand het gewaai. En as die muis R5 kry vir elke tand is ons Munisipale rekening maar net die begin van ons probleme. (GElukkig is die rentekoers ook aan die val).
En laaste maar nie die minste nie. Postilion is post en Petra is nou in haar tweede week vandat sy Momentum gekry het in Centurion. Sover werk sy lekker by die nuwe werk. Die hele gesin geniet dit veral dat sy die oggende saam met ons kan eet en kinders om die beurt by die skool kan gaan aflaai.
2 laaste fotos: Tannie Willa se verjaarsdagpartytjie by oom Danie-hulle se nuwe huis.
en ons eie kareeboom van naby gesien.

Labels: mangels 3 ballet fietsry
0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home