Ons webalbum

Elke maand (omtrent) n paar fotos, stories of gedagtes uit my keyboard

Wednesday, August 12, 2009

40 Jaar herdenking

Met my oudste boetie se 40ste verjaarsdag wat saam met die World Cup nadersluip, moet dit seker nie as 'n verrassing kom dat my vader en moeder (huh? wie's dit?) al 40 jaar getroud is nie. En so 'n gelukkige huwelik met sulke pragtige kinders is iets om te vier (of is dit iets om te veertig?) En nadat ek en Pappa (ons weet wie dit is!) in Betlehem genoeg drank gekoop het en die nodige tafels by die kinderhuis opgelaai is, begin die partytjie Saterdag-aand by die nuut-oorgedoende (deur ons) Metodiste kerksaal.

Voordat en nadat en tydens al die gaste verwelkom is (in chronologiese volgorde) en Chrissie vir Mamma en Pappa vereer het met 'n smaakvolle (smaaklike?) vuil grappie soos net sy dit kan doen, word daar gekuier en gesels en geeet. 'n Lekker storie!

Die volgende middag 'n tradisionele koloniale ete by Sunnyside.

Terwyl die hele Grobler-span in Europa gaan somer hou, stuur ons Annika saam met die ander oupa en ouma wildtuin toe. Petra skryf as volg:
Annika is pas terug van 'n week in die Kruger Wildtuin saam met ouma Anneke en oupa Dons.
Hulle het 'n tradisie om die kleinkinders die jaar voor skool te neem. [Hier onder haar eerste briefie wat sy vir ons self geskryf het - dan's sy seker reg vir skool. Die byskrif "Annika ran" is nog in Engels ook nog! (ed)]
Sy het dit vreeslik geniet en hulle het wonderlike diere gesien, o.a. 'n olifant wat in modder bad, bobbejane wat by krokkodille speel, en 'n Luiperd ma met 2 babas. wow!

Ek en Naude het uiteindelik ook fietse gekry, en kan nou saam met die kinders ry :) - dit is groot pret! Een van die paaie wat tot bo by die berg gaan is deesdae oop, so ons ry met die kar tot bo en stap / fietsry dan daar rond. Alte lekker!
Verder is ek en Naude deesdae 'n "band" - dis nou soos in 'n bênd :). Hy het 'n nuwe bas-kitaar, en ek speel kitaar en sing. Dit is heerlik! Ek speel ook in hulle groepie by die kerk en geniet dit baie. [Raak maar gewoond aan die idol hier onder. Enige voorstelle vir ons band? - ed]
Saterdag oggend was ons met die kinders by die Tvl Museum. Hulle het dit vreeslik geniet, veral die opgestopte diere! Eduan is rerig erg oor diere en maak vinnig vriende met enige pavement brak wat ons teekom. [Hierdie Hyperama-brak het selfs vir 'n blok agter ons kar aangehardloop in 'n poging om sy nuwe basie te behou - ed]
Nou's dit weer die tor (editor). Ander nuus is dat ek my eerste boomhuis in my lewe gebou het (dis mos hoekom mens kinders kry - 'n tweede probeerslag vir gemiste kanse). Ek moet erken Gift het darem gehelp.
en P werk nog lekker by Momentum. Nou die Saterdag het ons hele gesin daar gaan inloer om te sien hoe dit lyk - die ysreen(!) het bietjie gepla. Maar intussen voel dit of die Lente hier is. Kom nou Somer!
P het die laaste woord: Goed gaan verder, ons mis julle almal! Daar is deesdae 'n wêreldkaart op in ons eetkamer, so die kinders kom hoor gereeld waar bly al die ooms en tannies. En dan rek die oe, want dis maar vêêêêêêêêr!

0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home