Viva Bella (die lewe is mooi)
Die groot nuus is dalk Bella. A puppy like only a smelly puppy can be. Wie ruik? Almal. Bella ruik en byt. Ons ruik aan Bella. Ons ruik ook ongelukkig dit wat Bella doen. Paljas ruik nie aan Bella nie - sys bang vir die monster in disguise. Bella ("mooi" in Spanjoolse taal) is nou al 'n 7 week-oue English Cocker Spaniel. En sys geliefd. Op hierdie stadium stel ons gereels nog 'n countdown wekker sodat elke kind haar vir 5 minute kan vashou.
En die Sondag middag gaan ons toe na oom Danie-hulle eet langs die Hartbeespoort dam. Twee van die oom van Petra se ribbes is so week of 3 gelede stukkend geskiet toe hy die inbreker-snuiter 'n loesing wou gee. Maar als goed wat goed eindig. Kyk net E se view van hulle stoep af.
Intussen reen dit soos dit lanklaas in April gereen het. Elke oggend het ons omtrent mis tot op ons voordeur. (Bella se mis is in die kombuis). Jakarandastad is nie pers nie, maar ten minste nat in afwagting vir die Wereldbeker. (Net soos ons kombuisvloer in die oggend. Raai hoekom.) Hier sien mens ook in die agtergrond die Telkom toring wat 'n reuse sokkerbal op het.

Altyd 'n baie lekker sielskuier. Sterkte vir ou Henry vir sy operasie. Die arme operasie het sterkte nodig!En 'n effe onverwagte week daarna gaan doen ons saam met hulle die dieretuin-meander.
Uit die argiewe 'n afsluiting: Eduan wat as Rinkel-Krinkel buiteperd 'n silwer en goue medalje by Besige Bergies se atletiek wen. Jeeee!


1 Comments:
At 9:22 AM ,
Unknown said...
Baie nice!
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home