Ons webalbum

Elke maand (omtrent) n paar fotos, stories of gedagtes uit my keyboard

Thursday, October 15, 2009

See toe in September

18 September ry ons vir n 2 weke vakansie na... Kaap st Francis. Ek moet my nostalgie wat wil opstoot in tem hou, want elke keer as ek daai fynbos soutbossies ruik kom al my vorige vakansies van Eduan-grootte af na my toe terug. Dis lekker dat ons kan weet ons sit dieselfde lekkerte in ons kleintjies se koppe en lywe in.
'n Groot treffer (selfs groter as die strand) was die rotspoeletjie net so entjie van ons huis af. Rondswem, anemone soek en rotse klouter. Maar die grootste treat was die 'forced removal' van die rotsvissies en seesterre na ons eie dammetjie.
Ongelooflike plek die plekkie van ons familie. Mens kan vir 2 weke lank elke dag nuwe dinge doen en die moontlikhede raak nie op nie.
Katele op die strand, honde by dosyne wat saamspeel met sand en frisbies, golwe ry (ek en Petra raak oud! nie een keer behoorlik in nie), afspring vanaf die punt se sandduine, die gebruiklike sundowners op die rotse. Hier kom dit!
Die kinders wat ook mal daaroor om die wereld plat te ry met hulle fietse - veral as daar sulke heerlike modderpoeletjies is.
En dan die jaarlikse skulpiefees by Jeffreys. Ek en Annika kon daar die bal behoorlik aan die rol kry.


Pappa en Mamma was natuurlik so gaaf dat ons almal van Clarens af in hulle bakkie kon ry. En Gift het sy eerste see behoorlik beleef - die koue water het hom nie afgesit nie! Die pragtige meisie hier onder het haar eerste 32 jaar afgehandel - ons baljaar klaar lekker in haar geskenk - 'n opblaasswembad. (Is dit vir haar of vir die kinders?)

Hier 'n paar pragtige mense en fotos.

Nog 'n paar lekkergede wat voor of na die seevakansie op ons geval het:
'n Wetnose (amper soos DBV)-day naby Cullinan. Die kinders bederf elk 'n "puppy" vir die dag - Annika natuurlik in trane toe sy moet totsiens se. Maar 'n maltesie word deur die Donse ontvoer na Clarens toe vir tannie Helen. En die "puppies" het darem ook huise gekry die dag.
Dan kon ons sommer vir Muriel EN Herman en Adrie te siene kry. Hier onder is Muriel op ons berg
En gisteraand het ons saam met die oudste Grobler na Annika se skoolkonsert gekyk. Hulle was soldate. Sy staan hier saam met 2 maatjies: Wandile en Marindie.
Daar wag nog 4 ander konserte vir ons in die volgende maand of wat. (En dis uitgesluit ons 2 kerssangdienste wat ek ook moet organise en gemeentefunksies). Maar ek dink Eduan sal syne kan doen! Kyk net die skelm vos!



By die kerk het ons intussen weer sendingweek gehad met Murray Louw saam. En die beplanning vir volgende jaar is al erg aan die gang. Hier onder die sendelinge wat ons ondersteun
Groete

1 Comments:

  • At 3:26 AM , Blogger Bharn said...

    Great foto met die seesterk. Vakansie lyk baie lekker.

     

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home