Gorillas deur die mis
Welkom weer in Bergsig-wêreld.
Net toe ons dink die herfs is hier, sous dit van gister-aand af verskriklik. En Mountain View is mooi. Eduan het intussen sy eerste kerkkamp gehad en hy was soos 'n eend in water. Die span was weer baie kreatief en toegewyd met die tema "Antibiotika".
Toe maar, Eduan het dit oorleef. (Selfs EK het).
Laas naweek is ek en P 12 jaar getroud. Ja, Annika, regtig! Om dit te vier het ons die Saterdag-oggend (saam met die kinders!) gaan perdry by Bon Accord Dam. Dit is 'n lieflike plek en ons beplan om volgende kwartaal elke 2e Saterdag soentoe te gaan. (Vir lesse vir die kinders, maar terwyl ons daar is, kan ons mos ook!). Die ervaring het ons sommer al vooruit laat verlang na as die kinders uit die huis is - Hoekom dan nie self 2 perdjies aanhou as die huis eendag klaar betaal is nie?!
Die Saterdag het ons die vrug van ons huwelik toe by die oupa en ouma gaan aflaai en lekker gaan uiteet. En daarna na die berugte Firkin's Pub toe gegaan waar die bekende(?) groep Stompdraai gesing het. Groot pret. En laaaat geslaap die volgende oggend. Ons kinders het darem hul losies betaal toe hulle die wereld omgekeer het met hulle blaaroptel-tuinwerk. Dit terwyl die Groblers op hulle manier bietjie "bond".
Intussen het die skool gesluit vir die April-vakansie en ek (N) het self ook 2 weke verlof na 'n besige kwartaal. Hier onder is Page, Megan, Annika en Larissa, toe hulle die laaste dag hulle hare op enige manier kon dra.
Laastens: 'n Colgate advertensie (before and after) en die spankreet van die pienkes in aksie.

0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home