Full Spead ahead... U2?
Was quite a busy few weeks in Pretoria. School's almost settled now. Annika has made a new best friend which looks really promising - she is the type of kid who needs a "best friend", and in our "valley" there's not always a lot of choice! Eduan's favourite pastime at school is catching the girls (the ones 3 years older than him!)
[Ed - Maybe it's all to practice for "Besige Bergies' athletics. If so, it worked - he came second with the 60m dash. See above.] He's also discovered board games and we have to play with him at all hours of the day (starting from 5:00 am - I'm expecting him to wake up any minute now and ask to play one). His favourites are snakes and ladders (and variations on that) and chess. We've also re-discovered the "Zoo's who" game we got from Nina and Hannah, and loving it. Each player gets an animal card on their head and need to ask yes/no questions to guess what it is. We now have a special section in our play room for board games - and it's filling up quickly!
Annika en Eduan was beide laas week "spogkind van die week" in hul onderskeie klasse. Dit behels dat jy Maandagoggend met saal-opening op die verhoog gaan en jou "prys" kry - 'n papiertjie wat se dat jy by Spar 'n koeldrank en chips mag kry! Grooooooot opwinding!!
Eduan help my laas week kosmaak en laat val 'n bak. Gelukkig mors niks nie en ek se toe ook vir hom dis gelukkig dat niks gemors het nie. "Ja Mamma, " se hy, " anders sou jy BITTER kwaad gewees het!" ;)
And then..... U2 in soccer city. We've been in the great calabash! En hier is die bewyse. Just follow the red line. We couldn't believe what's possible - what a show! Spectacular is the word. See the video at the end of the blog.
Some other activities includes that the rain turned a planned afternoon-evening into the kids' first inry-experience. While we waited for Tangled to unravel itself, we went to Menlyn's playground.
And alas, our garden is not a good place for any rabbit. No, Shaden is still with us (it was actually Witsnoet who met the car by accident). But pienksnoet (above in Bella's mouth) isn't pienksnoet any more. "Iemand het 'n blinde dowe laphaas, op 'n ashoop weggegooi..."
Afsluitend my voorblad van Maart:
Vaarwel - full speed ahead...
Die bruin papiersak wat ek om my spirit draai
‘n Mens is vernuftig. Ek dink sommer aan die man wat vir jare lank ‘n drankprobleem gehad het. Hy het gesorg dat daar altyd ’n botteltjie brandewyn in sy boonste laai by die werk is, sodat hy wanneer daar ’n kans is, ’n vinnige slukkie kan steel. Die bottel was altyd in ‘n bruin papiersak. Geïnteresseerd in hierdie klein detail wat hy noem, vra iemand hom: “Is dit sodat niemand anders kon sien wat jy drink nie?” “Nee”, antwoord hy, “Dis omdat ek nie wou sien wat ek drink nie.”
Jy kan weet jy’s goed wanneer jy vir jouself jok en jy glo dit. En daar is geen einde aan ons vernuf wanneer ons met hardnekkigheid oneerlik met onsself is nie. Dit is nie maklik om onsself in die oë te kyk en al ons foute en verslawings raak te sien nie. Ek sou eerder verkies om myself as ’n goeie, gerespekteerde mens te sien. En daarom doen ek dit! Soveel van wat Jesus in die bergpredikasie sê, gaan presies oor hierdie absurde blindheid van ons.
[3 “Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? 4 Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar ’n balk in jou eie oog? 5 Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal. (Matteus 7:3-5)]
Ek draai die papiersak om my foute of gee dit ’n oulike naampie. Maar daar is een vangplek: As ons nie die minder-aantreklike dinge in ons lewens erken en dit voor God bring nie, is die kans dat ons geestelik gaan groei, bitter klein. Om ons tema “Vorm my deur U Woord” opreg te bid, beteken dat ons onsself, vratte en al, na God se teenwoordigheid moet bring. Hoe kan God ons vorm deur sy Gees en Woord as ons nie bereid is om die dele van ons wat die meeste vorming nodig het, na Hom te bring nie? Ons diepste woede, ons vrese, ons kritiese en skinderende kante, ons suinigheid, ons onaangeraaktheid van ons bure se lyding, ons veroordelende vooropgestelde idees oor mense, ons wellustige begeertes.
Hoe kan ons maak? Jy kan tyd maak om in stilte vir God te vra om jou te help om jou hart te ondersoek. Jy kan dalk nadink oor jou eerste reaksies teenoor mense wat jou te nakom. (Soveel keer vind ons in onsself juis dit wat ons van ander mense irriteer.)
Kom ons vra God om ons papiersakke te skeur sodat ons eerlik voor Hom kan staan. As ons soos ons werklik is voor Hom staan, dan kan Hy ons vorm.
NK (aangepas uit “Journey of the Spirit”, Trevor Hudson)
0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home