Ons webalbum

Elke maand (omtrent) n paar fotos, stories of gedagtes uit my keyboard

Monday, January 24, 2011

vakansie haas verby



Met Annika se haas Shaden wat 'n uur terug die hemel-hasepad gekies het (nadat hy die teerpad saam met 'n kar gekies het), kon ek nie anders as om hom eerste hulde te bring in die titel nie.

Al is die kwartaal in volle swang, moet die vakansie die tweede eer kry. Tussen die familiekersfeeste was daar darem genoeg kans vir buurmaatjies. Die kuiers is intussen goed ingekort , wat nogal 'n aanpassing is. En 'n dieretuinbesoeke sodat die ape 'n bietjie vermaak kan word. En 'n laaste lekker laatnag kuier met die kaaskoppe voordat hulle terug vlieg vir hulle Winter.


Die Kritz-Kersfees het ons by 'n groen Clarens uitgebring waar die stroompie wat laas jaar nooit gevloei het nie, nou ewe skielik 'n Tombi-meesleurende rivier geword het! Pappa-hulle het (met 'n bietjie hulp van duisende inboorlinge) 'n paadjie langs 'n voorheen-versteekte deel van die rivier skoongekap wat nou iets besonders is.

'n Paar van die sprokiekarakters uit die Vrystaat. Eerste maar nie die minste nie: SuperGnome!
The fair ladies!
The Others

Die Laat Kersfees was van korte duur, want Perde-WA het 'n dominee ingevoer om 'n troue in die Midlands by The Bend te hou. Belangrike gaste kry sommer spesiale behandeling by Hawklee Lodge.
'n Nuwe jaar in met nuwe dinge:

Jan 2011

Ek het lekker gestap

al langs die rivier.

Die paadjie by Midlands-Meander was netjies

oopgesny

duidelik oopgetrap deur vroeëre spore

Totdat ek by Jan se hekkie kom

en ‘n groot groen grasperk het wyd uitgeskiet

met blomme in baie hoekies

en ek moes maar self ’n paadjie kies

huistoe.

Waardie kant toe?

Watter trappies?

Oop en vry

beklemmend bang

watter pad

loop die jaar met my?



Intussen het die skooljaar ook begin met Eduan ook nou in Bergsig (as 'n Besige Bergie) en Annika wat 3e gekom het met die huissport. Sys die een in besonder-donker blou.










En ons almal is steeds aan die hardloop met Eduan wat al 'n operasie (vir tande) gehad het, ek wat al 'n "week van gebed" agter my het en Petra wat besig is om orals steeds Edustations uit te deel. Daar is darem nou plek in Johanna se X-kamer vir 'n paar ekstra skerms.

En moenie van die afwagtende Keerom-planne vergeet nie. Vergaderings, planne, veranderinge van planne, dinke, nog planne, maar dit kom....

Iets uit die argiewe:

cheers
Naude en Kie








0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home