Kom nader!

Dis wat "Sondela" beteken, sê die Sotho-vrou vir my daar langs die warmwaterswembad terwyl ek saam met Hendrik en Lizet Smit wag vir ons bord chips en kyk hoe (hulle seuntjie) Henry en Annika in die water splas. Petra is nie daar nie, sy lê in die kar. Dis naar van haar. Eduan is nie in die swembad nie, want hy het (fluister) waterbokkies (soos Annika sê) en wie wil sien hoe dryf daar rowe in die swembad rond? Terwyl ek my lot besing: Bella het laas week bosluiskoors gehad, net om te herstel en vanoggend opgeneem te word vir breinvliesontsteking. Ek hoop sy maak dit - want ons het baie lief geraak vir hierdie lieflike ding.




Eduan en Annika is aan mekaar soos nog nooit tevore nie. Maar as die wit vlag gehys is, het hulle ook heerlike tye saam. Hulle maak gereeld huisies en skuilings buite met elke handdoek en sambreel wat hulle in die hande kan kry. Kyk hoe kreatief kan die dogtertjie op haar eie wees. Sy kry terapie by Gizelle en geniet dit vreeslik. Eduan is mal oor sy juffrou Ankia.





Die beplanning vir 2011 by die kerk is meestal gedoen al kom 'n paar afsluitings nog. Intussen het ma Rika en P 'n heerlike vrouekamp saam gehad; onder is tannie Annie en t Kitty. Tannie Annie het 2 ligte beroertes die afgelope maand gehad (die kamp was tussen-in die twee), en moet dinge begin rustiger vat. Die mosiek-kruis het die vrouens self gemaak op die kamp - elkeen 'n blokkie.


Cheers vir eers
Naude
0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home