Ons webalbum

Elke maand (omtrent) n paar fotos, stories of gedagtes uit my keyboard

Tuesday, November 26, 2013

Ons maak krane oop

Die opskrif hierbo het darm ni emet my kragrekening te doen nie. Alhoewel, terwyl ek daaraan dink, ek wag nog steeds sedert Maartmaand dat die R500 wat ek aan die Mislikepaliteit betaal het vir een van daai groot asblikke vir bourommel, moet realiseer. Die opskrif is om te sê dat die jaar nou erg spoed het. En voor die jaar klaar is, is Erna mevrou Erna en ek nog steeds meneer Naudé.

So paar happy happenings van die afgelope 2 maande of wat:

'n Kritzinger-familie saamtrek in die Bosveld.


Hier sit die kinders reg om op te tree in hulle verskeidenheidskonsert
Ai ai ai (soos in Gods must be crazy, maar in hierdie geval "skelms must be crazy") Intussen het Erna se golfie darem nuwe mags

Vriendin Lieze se CD launch in Pretoria (Pierneefteater). Intussen het die drietjies saam aan die singe geraak in 'n groep/band @Mercy en het ons hierdie Sondag by ons kerssangdiens opgetree. Dis heerlike ervaring wat ek opdoen.
Vriend Andre Viljoen se "gaan-nou-Kaap-toe" party by Magnoliadal. Hyt sommer vir hom n plaas in Tsitsikama gekoop! Kuierpotensiaal daarso, hoor!

'n Pa-en-kindkamp en ek en Eduan slaan tent op op Laerskool Saamspan se rugbyveld. Dit was 'n groot sukses gewees en ek hoop dit gebeur weer volgende jaar.


Hierdie kwartaal het ek gehelp om Chrissie se program (Kersfees is 'n Jesusfees) by ons Sondagskool aan te bied. Die kinders het die crafts verskriklik geniet.
En vriendin Marthe (nie in foto) se man stiek ons toe almal op haar verjaarsdag vir 'n lekka cruse op die Hartbeespoortdam.
'n Kleine nagapie-besoeker spring toe die tak mis en deur 'n oop venster in ons huis in. Kyk hoe klein is hy in my hand
Hierdi ebesoeker is hier om te bly. Haar naam is Thabiso Khomiso Kritzinger en 2 maande later is sy al klaar baie groter as Bella, al het haar verstand dit nog nie agtergekom nie. Haar tande wis dit wel. Thabiso beteken vreugde, want jull emoes Erna se gesig gesien het op hierdie vroee verjaarsdag-geskenk.

Al praat Annika se lysie veral van klippe (sy wil mos die afgelope jaar al 'n geoloog word), was dit toe 'n perdepartytjie. Met 2 ponies en al by Irvinelaan.



En hier kom die bruid na haar kombuis(tee) aangestap. Niksvermoedend.

"Die pastorie gaan nooit weer dieselfde wees nie", lewer iemand kommentaar op facebook.

En Arend is nou amptelik proponent. Dis 'n kerklike term wat "werkloos" beteken.
Lyk my eks besig om as 'n uitvoerende musikant uit te draai. Die afgelope maand het ek opgetree by: 1) snr burgeronthaal as Neil Diamond, 2) Eredienste en KErssangdiens as dominee (sanger, kitaris, bassist en mondfluitjie-is), 3) begeleier by Saamspan Kleuterskool, 4) Kerstee by Mayville Mall en laaste maar nie die minste nie 5) Stortsanger


En laat ek gou 'n gedig uitgrawe....  Hierdie een het vriendin Lieze toe ook getoonset (alhoewel ek op op die wysie van amazing grace geskryf het, het sy 'n beter job daarvan gemaak)

God doesn’t waste a hurt

I've seen a few things these few years,
I've tasted bitter, sweet.
Yes there was love, and then some hurts
my footsteps had to meet.

There was hunger, there were cries,
I shouted out the crimes.
But in every feeling, every sound,
your presence was on me.

I once lived life by thoughts alone,
but thoughts are only skin,
I've learned that life is worth much more
when living from within.

While living from within, I changed,
when living from within.
When facing shadows of the mind
your grace abounds in me.

1 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home