NUUS: Febr 2013
Hier volg die nuus, geskryf deur Naude
Kritzinger. Die Groot Trek het haarself in Februarie herhaal toe Erna Jo,
digteres van Centurion, haar en haar huisraad na ‘n plaas in Mooiplaats
verplaas het. Voortaan sal sy as MisPlaas bekend staan. Danksy die hulp van
medespesielede Naude (die skrywer) en Michael (mede-inwoner van huis saam met
sy vrou en her-opkomende sangeres Lieze Stassen) kon sy die reis suksesvol
afhandel. Die grootste gevolg van hierdie skuif (buiten dat my kinners met
donkies, eende en ‘n muil kan speel wanneer hulle gaan kuier), is dat sy nou
dubbel so ver vanaf Mountain View bly. Die skrywer sug diep.
Op ander plekke in die stad gaan die Graad
1 leerder, Eduan Kritzinger (6), voort om die skares te verras met sy tennisvernuf
en ‘n konsentrasie wat te goed is vir sy jare. Van hierdie spel sê Eduan: “Dit
is lekker”. Hy en sy sy suster, Annika, het juis die afgelope Saterdag-oggend
saam met die plaaslike gemeente se hoërskoolkinders speletjies gespeel.
O ja, talent is nie skaar in hierdie
familie nie. Alhoewel die kritici hom nog nie ontdek het nie, toon hulle pa
(Naudé) ‘n geweldige talent in die skryfkuns. Aangesien wié jy ken belangriker
is as wie jy is, het hy onlangs na die uithoeke van die provinsie gereis
(Alberton!) vir die bywoning van ‘n Versvreugde en Woordgenot
digterskuiergeleentheid. So geweldig was sy voorlesing van sy persoonlike
ervaring in die gedig “Weskoppies” gewees dat die gasvrou se Man Smuts (familie
van Jan?) sy luisterervaring verwoord het as: “netjies”.
Seer sekerlik hoef die lesers dan ook nie te ver uit die veld geslaan word as ons hierby byvoeg dat hy dit selfs saam met sy vriendin (nie VRIENDIN, net vriendin) Lieze Stassen op die verhoog gewaag het nie. Die verrassing behoort eerder daar in te lê dat daar nie 'n verhoog was nie.
'n Laatberig lui dat 'n man in 'n afleweringsvoertuig (wat in hierdie land as 'n "bakkie" bekend staan) besoek aan die Kritzinger-ambasade afgelê het. Die onverskrokke man het egter nie met die deur in die huis geval nie, maar (aangesien hy vergeet het om sy bakkie uit te trek voordat hy die premisies betree) het wel met die muur in die tuin gebots. By ondertaande foto sien u die bewyse van sy daad.
FOTOBYLAAG: Omgewing van die dekade
LITERêRE BYLAAG
:
Weskoppies
Dis
Jerusalem dié,
'n
stad met berge en mure om;
‘n
kamer is 'n tempel
waar
niemand skeef kyk nie.
Hier
ken elkeen
die
klank van baie stemme,
die
dringendheid van gedagtes
wat
niemand anders glo nie.
In
Jerusalem
voer
ons die vrese pille,
ons
stap hand-oor-kop
saam
met die werklikheid
van
oortuigende delusies.
0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home