My tweede maand verlof
Ja, dis nie baie
keer dat mens dit kan sê nie.
Intussen het ek al halflyf begin werk en direk na die langnaweek is ek weer voltyds die ding in. Al die ondersoeke is afgehandel en dit sal goed wees om nou
weer in roetine te kom. Ek het wel nie in hierdie tyd tyd gegee vir gras om onder
my voete te groei nie.
Die Magaliesberge het my en vriende ook gesien in hierdie tyd. Mountain Sanctuary Retreat is 'n lieflike kampplek waar jy vinnig so ver weg in die berge kan kom by Sederbergkloof. En selfs ook 'n vinnige daggie by Sediba (Hartiesdam).
Die Paasvakansie
was volgemaak met ’n besoek aan Clarens vir my en die kinners. Hier staan hulle vor die paaskruis, 'n mooi ou kerktradisie waar mense op opstandings-sondag blomme uit hulle tuine uit op die kaal kruis plak. Ouma en ek het natuurlik ook vir 'n paaseierjag gesorg
In daardie tyd
het ek ook ’n tent gevat en vir ’n road trip van 3 aande verdwyn. Heerlik
gewees. En ja, daar is regtig 'n plekkie met die naam "Gelukwaarts". Dis net makliker om hom op die kaart te kry as in die regte lewe!
Gelukwaarts
Ek het by Gelukwaarts gekom.
Daar was geen pad verder nie,
net hopelose murasies en vaal bloekombome.
Toe ek omdraai
en Zastron het 'n sjarme
wat my oor die Oranje laat vaar
na die Oos-Kaap se statte en skerp draaie
waar ek donkies en beeste uit die pad toet
en my hand lig vir vuil gesiggies langs die
pad.
Lindean-pas lig my tot heel bo
waar die son skyn
en wit angora-bokke langhaar vir my proes.
Daar sak ek af
tot by Mosjesesford
wat koeie eet
en aan my bande lek by laagwaterbrûe.
Die pad na geluk
is om aan te gaan;
verdwaalde oomblikke
oogkens op te slurp
en deelmaak van my lyf.
Die Magaliesberge het my en vriende ook gesien in hierdie tyd. Mountain Sanctuary Retreat is 'n lieflike kampplek waar jy vinnig so ver weg in die berge kan kom by Sederbergkloof. En selfs ook 'n vinnige daggie by Sediba (Hartiesdam).
Tussen-in al die vakansietjies wat ek inpas in die halfweek wanneer die kinders nie by my is nie, gaan hulle wild aan met aktiwiteite. Eduan speel elke Sat bulletjies-rugby (hulle het hom nou al ingespan vir die o/7s). Altwee geniet ook hulle spelterapie by Nita - die goed wat sy doen is wonderlik. Terwyl Annika by haar is, het ek en E quality time. 'n Deel daarvan is altyd skaak met Nita se Afrika-stel.
Die kinders geniet ook die naskool; ons moet hulle gewoonlik smeek om daar weg te gaan. En dit gaan overall heel goed met hulle en die aanpassings.
Gister het ek en die kinders gaan perdry by Bon Accord dam. Lekker gewees om weer te sien hoe hulle dit geniet en nie vir 'n oomblik bang is vir die reuse diere nie. Petra het ook bv een keer met hulle gaan yskaats - 'n eerste keer!
0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home