Ons webalbum

Elke maand (omtrent) n paar fotos, stories of gedagtes uit my keyboard

Wednesday, October 05, 2011

Lope, slane, rye, digte

Dit was skaar Lente toe's dit Somer. Met donderstorm - hael en al. Buite lê die blare nog erg rond want Joseph kom eers more. En die tyd stap en ons stap die berg op. En dis heerlik.
Die jaarlikse sendingweek het ook gekom en gegaan. Met spreker Michael Hack van OM en die geloofsbelofte wat met meer as R100 000 gestyg het! En weereens het ons ook gestap - 'n lekker sendingpretstap in die aand. Die kinders het hulle kerse uit geniet.
Eduan is nou behoorlik aktief aan die slaan en gooi! Hy het nou 2 keer n week tennis en ook minikrieket by die skool en word net al hoe meer indrukwekkend. Hy het selfs al 'n wedstryd gespeel.
Ons het ook 'n reuse mindshift ondergaan... Naskool is nie vir evil stiefouers nie! Die kinders geniet dit en skielik het ek of Petra ure ekstra werkstyd of andertyd wat net soveel druk kan verlig. En nog kaskar ook. Hiers 'n dierbare storie starring Petra en Eduan:

"Verlede vrydag het ons kaskar by die kinders se skool gehad. Ons het vir elke kind R20 gegee om ietsie te koop. Na 'n rukkie is 'n teleurgestelde Eduan terug met sy R20 wat hy teruggee vir my. Ek vra hoekom hy dit nie gebruik het nie. Nee, die tannie sê dit wat hy wil koop kos R30. Ons onderhandel toe dat hy R10 by die huis vir my sal teruggee uit sy spaarbussie, en opgewonde is hy daar weg met sy geldjies. Net om terug te kom met hierdie Hello Kitty hangertjie (aangeheg) wat hy spesiaal vir my gekoop het. Ek raak nog steeds tranerig om daaraan te dink. Ek dra dit elke dag, dit herinner my hoe special hy is."
(Naude praat weer: ) Intussen het die oorspronklike kettinkie gebreek, maar nav Petra se verjaarsdaglysie gevolg (verrassing-verrassing) deur haar verjaarsdag en gevolg deur (verrassing-verrassing) geskenke, is daar selfs ook nou 'n nuwe kettinkie wat die katjie vertoon. O ja gits - ons Krokkie-katjie se tvoet het ok gekrok toe ek die hek daaroor oopmaak. :-( En duisend of wat rand later klim hy weer lekker boom. Ons het n rustige verjaarsdag gevier van P - net lekker ontbyt en 'n Donderdag sommer by interessante plekke rondgeloop en 'n koek en tee saam met vriende.

Die seisoen het ook 'n paar lekker ou en nuwe vriende na ons gewaai. Righardt (P se night rider hier onder) van hier rond het die haar en die kinders vir 'n spin op sy bike gevat
en ek self het 'n heerlike reunie met n skoolvriendin (Esta) gehad waarmee ek destyds 'n perd of twee aangehou het:
Die lewe bly opwindend. Dan nog 'n Naude-naweek wat lekker was en sleg. Die sleg? Ten minste kon ons hele gesin in 'n kwessie van 2 dae deur die griep hardloop. Maar deur alles deur het ons ons lekker met die niggies en nefies gekuier en het Henk en Zelda ons weer lekkerrr bederf met allerlei - hierdie keer op hulle backyard-dam! En die volgende dag ontmoet die jetsetters vir oulaas. Chrissie en Henry terug van Thailand en vergas ons met dragonfruit en jackfruit net voordat die Clarancers by Skotland gaan kuier.
Hiers 'n fietsryevideo - in die lentereen by Leeufontein


Afsluitend 'n fotogedig van my van eeue terug (okei - 14 jaar - toe ek by Clarence gewaiter het)
en Annika wat ook geesvang so in die haelskare. Sy was baie opgewonde oor die gedig wat sy self gemaak en self geskryf het.

Annika se versie

gooie genade

kyk al die blare

hier lê een daar lê een:

daar lê een hier lê een

die plante is verniel

daar en hier:

hier en daar

BEWAAR ONS NATUUR

klap klap:

GAAN GROEN.

0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home