wattah-kappil
Dis nou Sjinees vir "Wat 'n paartjie!" en dit verwys na die twee oudstes van hierdie huishouding. Dis dalk nie vreemd dat op 'n spesifieke Saterdag een halfye van 'n egpaar die kinders gaan aflaai by n kriektwedstryd en later na 'n "versklas" gaan om gedigte te lees terwyl die ander een saam met vriende met R4's gaan skiet nie. Maar by hierdie kappel was dit die fyn vroutjie wat skiet!
Die ander lid van die vroulik egeslag gedra haar darem vrouliker. Syt haar R50 spaargeld gebruik om haar tone te laat doen!
En "ons manne" is darem ook sportief. Eduan het 'n tennis-toornooi gedoen (hier onder oefen hulle) en weer 'n keer minikrieket gespeel. Oeee - hy gaan dit geniet om sy oupa oor net meer as 'n maand met spane te oorrompel op die strand!
Intussen is dit heerlike somer, ons plant gras, saag boomtakke af, hardloop deur sproeiers en hou piekniek. Hier onder lag ons saam met ons vriendin Cindy van Vochville. Sy het vir die 2 kjinners seep gemaak en 'n R5-stuk in die middel gesit. Het DIT nou 'n handwassery aan die gang gesit! En ons het 'n heerlike Koekemakranke koffietuin in die Kulturel Kapitaal (Capitalpark) ontdek waar mens lekker met die eienaars (Corne en Heidi) kan kuier.
P nog lekker aan die kitaarlesse en -oefen. En ek steeds lekker aan die dig en begin al hoe meer met ander digters meng. Heerlik en opwindend - dis 'n nuwe wereld wat vir my oopgaan. Ja dis waar, ek het 'n manuskrip na publishers gestuur! Intussen het ek te hore gekom dat daar ongeveer 'n 0.00001% kans is dat hulle dit sal druk. Lang stories, maar dit kom daarop neer dat dit nog baie werk sal kos. Maar "terwyl dit woorde reën dans ek kaalvoet daarin".
Hier volg die laasste foto van my Geestelike Begeleiding kursus; tydens ons afsluiting. Wat 'n wonderlike jaar en 'n dankbare Naude.
Om af te sluit 'n gebraggery me t ons mooi tuin en berg. Die paradysvlieevangers het in ons kareeboom kom nes maak.
Laat ek dan maar gou ok 'n gedig uitsoek wat ek vir julle mee kan gooi.... Aah -- maar soos die meeste, kort hy nog werk!
VANG!!

Eggo
my ego eggo
eggo eggo
heen en weer
by die nou kloof van my lewe af
ek spring en spring so val-val
oor die ronde klippe
van my stroompie
en die stukkies ek sit oral vas
dit weergalm in rotstortings,
klippe val op mense neer,
ping pong pinball
in allerande ego-hoekies
waar ek al ver verby
verby is
0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home