Volstoom
Voor die skool begin het ons vir oulaas nog die berg gaan klim. Annika het deesdae 'n probleem: Sy het 'n beste maatjie in elke opset. Hier is haar beste langste maatjie (Jade) en haar beste sondagskoolmaatjie Vianca. Vianca is die dogtertjie van Arend en Wendy. Arend het laasjaar by ons kerk ingeskakel as 4e jaar teologiese student (hy was eers 'n rekenmeester). Ek kliek lekker met hom en rol hom weekliks met squash. mwahahaha!
Ou Paljas is al ouer as 9 jaar en die oudheid begin haar vang, veral haar heupe. Maar sy het dit darem geniet om saam te stap.
By die kerk (die toring op die foto) is ons doenig - ons wend nogal 'n poging aan om mense aan te moedig om by kleingroepe in te skakel. Heel positief.
Ben en Andri-hulle is ook in ons kleingroep. Hier het hulle dogter Elria verjaar. Petra help haar ok soms met Wiskunde. Tussen haar werk deur, is daar ook ontwikkelinge met Edustation. Drie betroubare mense is nou saam met haar betrokke by die hantering, bemarking, ens. van Edustation. Ons sal maar sien...
Intussen het die skool natuurlik in volle vaart begin. Eerste week en die atletiek is sommer al afgehandel. (Alhoewel die kleuteratletiek van Eduan vanmiddag is). A het 'n 5e plek gekry - baie beter as wat haar pa ooit kon.
En Eduan is verwoed aan die tennis speel. Ons bly verstom hoe so klein mannetjie soveel beheer het oor n bal. Hulle het nou 3 Saterdae na mekaar wedstryd (sommer binne die klub) gespeel en Eduan wen sommer die meisies wat baie ouer as hy is. En daars sommer ook gevegte tussen die ondersteunende ma's!
Ook het ons n lekker Grobler kuier of 2 gehad. Een Sondag heerlik gaan rondkluiter en fietsry en braai by Groenkloof. En lekker een dag gekuier saam met Herman en Ingrid (ek trou hulle in Maart!!). So lekker gekuier dat ons nie eers geDINK het aan 'n foto nie.
Die digter sluit af. Geinspireer deur ons slaapkamer...
Voor uitgang
In die asblik
'n bierbottel, leë pilleboksie.
Die asbakkie langs die bed
laat kronkel 'n grys slang hipnoties op
op klanke van sepie-kenwysies.
Darem 'n piesangskil
op die vuil mat,
gisteraand se polistireen grate
van 'n Big Mac
en oorblyfsels van aartappels
in repies verdrink.
Ons moderne lewens (argeologies)
rondom ’n snippermandjie
gestrooi.
0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home