Ons webalbum

Elke maand (omtrent) n paar fotos, stories of gedagtes uit my keyboard

Tuesday, February 26, 2013

Njaaaauw (en dis Maart!)

Sjoe, ek is seker ek het in Januarie gepost. Wel, OF ek OF die internet het vergeet. Mmmmm.... 
Laat ek dan maar begin met ou nuus. Eduan se hare is stomp-af gesny en hys in sy uniform in. Darem nie so groot aanpassing vir hom nie, terwyl hy al 2 jaar by die besige bergies is. Al wat bykom is huiswerk. En langer stilsit, wat maar moeilik is vir die ritteltiks-lat.
 En daarmee saam spring die skool weg met die atletiek. Hier doen Annika haar eerste 1200m. 5e gekom sonder enige oefening. En deesdae draf sy nou die 2 blokke van haar dans- en akrobaatklas ook terug huis toe. Sy raak groot! En dan nog het sy klavierlesse begin by Andri, net 3 blokke op met die straat.

 Die naweek voor die skool begin het, het ons kleingroep 'n heerlike bosveldkampery gehad by Manzi Maningwe (net langs Dikhololo).
 En ek het einde Januarie my pyp neergesit. (Ek moet erken Erna verlei my soms met 'n paar trekke sigaret. Maar sy probeer ok ophou)

Eduan se sonder-kat era het ook net voor die skool ten einde geloop met die aankoms van Bianca. Ek weet nie hoe't die Here so groot purrrr-enjin in so klein katjie ingepas nie. Oulik en spelerig soos n katjie moet wees. En Eduan is steeds besig om die groot manne en meisies te vermorsel met sy tennis-voorarm.


Hou die spasie dop vir Februarie, wat more ten einde loop

0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home