Prestasies galore
Die maand se verslag skop af met Annika se 9de jaar saam met ons. Oudergewoonte by Daphneln 499 en dit was n katpartytjie. Met 'n k(!)attejag deur Petra aanmekaargeslaan en n spul jillende dogtertjies. Intussen het die ou dingetjie al 3 ander partytjies gehad: een in haar klas, een op haar verjaarsdag (alhoewel nie veel van n partytjie op haar eintlike dag nie), en n strandpartytjie by K St Francis. Maar die Kaap st Francis nuuse los ek maar vir volgende keer, al sit ek hierdie blog nou presies daar en tik.
Intussen het A en E uiteindelik weer 'n niggie bygekry. Net toe die droogte te groot word in die Grobler-kraal, spring Leila uit Ingrid se maag uit.
'n Vinnige daggie by die Magaliesberg vir 'n mid-week breuk en toe kom die Kerssangdiens aan die beurt. Dit was Wouter sn, maar met my musiekspan (en 'n gedig) het ek behoorlik deelgehad aan die gesingery op ons grasperk.
Nog prestasies: Annika wen 'n sertifikaat vir uitmuntende prestasie in Afr, Eng en Wisk en is die beste leser in Engels in haar graad. Volgende jaar is sy dan 'n snr in Bergsig. En Eduan gaan Graad 1 toe! Grootmeneer.
Volgende prestasie: My liewe sus Chris launch haar boek "Kersfees is 'n Jesus-fees" by Ooskerk met styl en die boeke rol.En ek en Erna loop met dig-pryse weg. Hier ontvang sy haar prys as beste digter op Carpe Noctem vanaf Johann Lodewyk Marais. (Hopelik sien ons in die volgende jaar dan haar bundel...) Darem het ek beste vordering prys gekry hehe. 2 van my gedigte word ook gekies om in 'n bundel van die Genootskap van Handhawing van Afrikaans te kom. Maar eks biki skaam daaroor - by die funksie is ek geskok met hoe alive-and-well 'n volksideologie nog kan wees in 2012!
Die laaste prestasie waarmee ek hier gaan brag is die 4 dae van Outeniqua wat ek en Erna saam met nuwe vriende klaargemaak het. Of was dit die Outeniqua wat ONS klaargemaak het. Dit was stremmend - maar wat 'n ervaring van mooi natuur! 'n Groot deel gaan deur inheemse bos met massive bome en klowe met boomvaring-koeltes waarin die Hobbits hulle goed tuismaak.
Die sonsopkoms by die eerste hut (Millwood)
Die aanhoudende pad op na Jonkerskop op die tweede dag (tussen Rondebossie en 'n hut wat met 'n D begin). Van daar bo af was daar n besondere uitsig op Knysna.
Okei, die volgende 2 fotos gee dit weg... ons het dag 3 en 4 gecheat. Erna was sonder rugsak en ek het 'n ligte een gedra. Alles te danke aan die maatjies wat ons op die staptoer gemaak het. Dis nie wie jy is nie, maar wie jy mee vriendelik is.
Sommer 'n afskeids-gediggie:
Ek sien
die beeld van
'n konstellasie
in jou oog.
Hy skyn
jou ruimte
terug na my.
Maar ek moet jou
waarsku, my lief:
jou binnekant lek
uit,
die
middelpunt-vlietende teerpad
van die klein
swart kolk
laat lig deur na
jou retina -
jou versameling
van Neruda
en ander
verbeelde nebulas
word in 'n
verskietende oomblik
'n werklikheid in
my.
0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home