Sneeu in Pretoria!
Terwyl die vakansie sy laaste winterstuipe gee, het ek darem vir oulaas n winter-partytjie te Huismoles-pastorie gehou - hierdie keer met my 38ste jaar as verskoning. (Ten minste nie so oud soos my oor-die-muur boet en sus nie! Nog onder die veertigs.) Petra was te oulik om voorskool met die kinners my uit die bed te sing met briefies en geskenkies. En kyk hoe talentvol is my sus met 'n WONDERLIKE verjaarsdag-geskenk wat sy geverf het.
Die kinders het te oulike rapporte gekry. Eduan het so bietjie skaam gelyk dat hy nie ook die "spogkind van die kwartaal" in sy klas soos Annika was nie. Sy juffrou se hys te haastig. Dan pla hy die ander kinders. Maar saam met die skool begin die aktiwiteite weer en nou's dit krieket-seisoen.
Balle is ook nie sy enigste talent nie. Een Saterdag vra hy vir my kamera en neem toe die mooiste fotos van ons diere. Soos die een van my BellabrakEn toe! Die afgelope langnaweek se witreis na Pmburgh! Deur die sneeu. 9 en n half ure lank soentoe en 7 en n half terug, maar elke minuut was die moeite werd
En daar (uiteindelik) aangekom, is dit n chill tyd met biere (bottomless in Henry se yskas), konserte (bottomless uit die kjinners se verbeeding), Spud op 'n hangmat en 'n trippie na die Meander vir 'n Mandela-inhegtenis-plek en Piggly Wiggly vir eet, kerse en put-put (ek het Henry geROL!). En tussen-in wen Casper Semenya nog silwer!
Klaar. Nou watse literere poging sal ek mee afsluit????
mmm... okei.... iets wat nog lekker geslyp moet word. 'n Annerster ebony and ivory..
Klawers
Die sneeu
val gewoonlik
hierdie tyd
van die jaar
swart.
Kwajongens
speel mos met lucifers
by die
beskermde gebied van Magalies.
Dan skilfer
die vuur honger aan droë
grasblare
en die winde
van Augustus
strooi as op
die koppe
van karre en
huise in ons voorstad.
Vanoggend,
vir 'n oomblik,
glimlag die
vierde seisoen
wit.
Sy fladder
rondom kinders.
Hulle
hardloop uit hulle klasse,
trippel heen
en weer op rugbyvelde
en vang
geskenkies oopmond op.
God blaas
vir ons
koue donsies
oor die Drakensberge.
Wit en swart
het nie
kleur of klank nie.
Dit skyn
bloot 'n lig
op dit wat
reeds is.
1 Comments:
At 1:45 PM , Bharn said...
Laaik!
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home