Al die fronte van Augustus tot September
Met die Lente wat geskiep is en die Somer ons sommer dadelik soos n warm front getref het, volg die volgende nuus
OP HUISFRONT:
Alles voor die wind. Verspreide leesbuie tref Annika gedurig deur, met Pixie wat haar getrou ondersteun. En Erna raak al hoe kreatiewer lus om my deurmekaar-huis te verander na 'n binneshuis-versierde tuiste. Soos die gebreekte orreltjie wat besig is om 'n boekrak te word.
OP SKOOL en AKTIWITEITS-FRONT:
Die krieketballe kom neer soos rooi hael op verskeie rugbyvelde. Op Saterdae staan Eduan gereed om hulle weg te moker. Op Donderdag-aande se kleingroep rapporteer Annika getrou oor haar akrobaat: Ek word al hoe slapper.
SOSIALE FRONT:
Met die mediadekking van vriendin Lieze Stassen se comeback-album deur Huisgenoot ontmoet Erna die joernalis Jaco Hough-Coetzee. (Luister gerus by https://soundcloud.com/lieze-stassen/brief-vir-jan-blohm-2-lieze) En net daar charm sy hom uit 2 kaartjies vir sy maandelikse spookbustoer. Verskriklik interessant, stylvol en aan te bevele. In vers en beeld:
Kyk uit vir die orbse
Toe
ons op die spookbus klim
by
die Hokaai Sentrum
in
Atterbury was dit nog lig;
ons
kon alles sien
en
die lugversorging was aangeskakel.
Die
spook van Glen High is al lankal fort
en
die Elardus-kasteel was te vroeg
vir
sussies om op die solder te speel.
Die
pad na Melville huis het donker geraak;
ons
het stadig uitgeklim
waar
bose konsentrasiekampe bedink is.
Vredes-dokumente
is ook hier geteken,
maar
nie al die inwoners
het
dit te siene gekry nie.
Teen
daardie uur moes ons flashe
die
donker by die stal en die stoep af neem;
nuuskieriges
loer by skrefies
van
swaar gordyne in.
By
die Victoria Hotel (since 1892)
word
snoekerballe nou gedek.
Gaste
kyk DSTV,maar bad lángs mekaar
in
twee baddens met draak pootjies.
Elfie
pla nie meer die opsigter nie;
sy
het kop verloor toe die soldaat
oorkant
by die stasie-pad
een
dag stip na haar kyk.
Sy
praat nie graag daaroor nie.
By
Es'kia Mphahlele kry mense kos
waar
Daisy de Melker opgehang is.
En
in die krematorium in Staatsartilirie-
weg
krap die implantate saans
begeesterd
uit die warm oond.
Ons
laaste stop is die heldeakker.
Dit
is al laat
as
ons die laaste oorblyfsel
van
'n verminkte teddiebeer kry
op
die graf van Breaker en Murant
wat
op grondvlak 'n kis moet deel.
Daar
iewers, oppad na die prins se graf,
was
'n onbekende plaat wat oopmond gaap.
Hy
het krapperig in ou engels my gegroet
(al
sou dit later kompleet nes my zoomlens klink.)
En
daar was nie orbse om sy marmer nie.
Die
bus se sagte geruis
na
die anderkant van Pretoria
neurie
Koos Doep se deuntjie
duidelik
in my kop:
Wees
elkeen wat lag
een
maal daar in die nag
op
die pad na Nooitgedacht.
Een Saterdag-aand is ons toe sommer ook genooi na 'n njam-njam ete by se huis in Westdene.
OP PERFORM-FRONT
Jitte, skielik is dit 'n aparte front hierdie. Gister juis vra 'n lidmaat my of ek nie 'n liedjie of 3 van Neil Diamond wil sing op die snr-burger onthaal vroeg in Oktober nie. En dan het ek en Erna saamgedig en gesing by Asbos-teater in Johann-Boshoff se show.
OP KERKFRONT:
Die sendingfees (waar ek hier bo saam met Andri die sang begelei) is verby en die Sept-vakansie is op ons. Verder is die boekie van kortstories wat ek saamgestel is, uiteindelik by ons. Die pastorie langs die kerk is al amper heeltemal ingerig vir die CMR se kantore. En die Ringsitting einde Aug was eintlik 'n wonderlike ervaring.
Ek kan natuurlik nie anders as om te brag met die pragtige granaatstene wat deesdae aan my lief se vinger klou nie. ook and weep, ladies!
Front
Daar's 'n koue
front op pad,
'n boog van
tande wat
die wolke
aanjaag tot
binne in ons
kraal.
Sy kondig koue
aan;
sonder 'n woord
laat sy verstaan
dat niks
dieselfde is
as haar lyn in
blou verskyn nie.
Daar’s 'n koue
vors in die lug:
'n muur wat ek
nie kan oorbrug
met woorde, jas
of selfs
komberse wat
haar wil omhels nie.
Die winter
bring die wind;
die wind waai
winter aan.
In sy
wentelbaan sit ek alléén
met pers
gebreide kouse aan.
0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home