NOG 'n maand
Ja die maande wil nie opraak nie en die jaar hou aan en aan. En terwyl jy so op die edge van sanity balanseer, val jou arme seuntjie in die hospitaal en gooi jou balans ook heeltemal om. Sheim - arme Eduan. Maar so stuk vir stuk het hy weer sy ou springende self geword. Hy was ook intussen by sy fluit-'n-liedjie afsluiting met 'n rooi hoed en brille en daar kom nog sy skoolkonsert Vrydag en sy Monkey-nastix afsluiting volgende week.
Die kleuterkerk se afsluiting was Sondag-middag waar ons gaan piekniek hou het by Wonderboom en tot bo al die karre opgeklim het.
Petra is ook besonder doenig. Sy geniet die nuwe werk, veral die super-flexi-tyd, al raak dit 'n uitdaging om tussen al die konserte, musiekmake en hospitale genoeg ure in te sit. Hier sit sy in haar Mountain View kantoor en daar sing sy "Baby be mine" van Parlatones by Andri se konsert. (Daar word tans nog geoefen aan 'n kerskonsert en 'n optrede by 'n local biblioteek - dis nou behalwe die kerk se sanglei ook)
Annika het self haar oomblikke van aksie. Laas week 'n oggend prysuitdeling, 'n Prestige-prysuitdeling (kyk net die sertifikate!) en nog 'n mnr en mej Bergsig
Uit die argiewe nog enkele fotos:
Die bure se swembad!!
Die Vans se kuier by ons
Die suksesverhaal van 'n rooitjie-boerdery
En die kinders in hulle huisie. Dis wel jammer dat al die sambrele gebreek is juis toe die reen nou begin.
En dit, liewe familie en vriende, is dit.