Viva Bella (die lewe is mooi)
Die groot nuus is dalk Bella. A puppy like only a smelly puppy can be. Wie ruik? Almal. Bella ruik en byt. Ons ruik aan Bella. Ons ruik ook ongelukkig dit wat Bella doen. Paljas ruik nie aan Bella nie - sys bang vir die monster in disguise. Bella ("mooi" in Spanjoolse taal) is nou al 'n 7 week-oue English Cocker Spaniel. En sys geliefd. Op hierdie stadium stel ons gereels nog 'n countdown wekker sodat elke kind haar vir 5 minute kan vashou.
'n Ander een wat (ongelukkig) vir 'n korter tyd by ons kom kuier het, was Muriel uit die lagere lande. Dit was sommer lekker dat sy hier kon oorslaap ook. Maar sy het nie sulke lang, slap ore nie.
Net voor Muriel se koms was dit natuurlik opstandingsondag. En op die dag het ek ook opgestaan. 5 uur. (Ja, die oggend, Narike en tannie Willa!) Saam met 41 ander lidmate het ons tot bo op die berg gestap en saam met hotcross buns die Son ingewag. 'n Heerlike ervaring.
En die Sondag middag gaan ons toe na oom Danie-hulle eet langs die Hartbeespoort dam. Twee van die oom van Petra se ribbes is so week of 3 gelede stukkend geskiet toe hy die inbreker-snuiter 'n loesing wou gee. Maar als goed wat goed eindig. Kyk net E se view van hulle stoep af.Intussen reen dit soos dit lanklaas in April gereen het. Elke oggend het ons omtrent mis tot op ons voordeur. (Bella se mis is in die kombuis). Jakarandastad is nie pers nie, maar ten minste nat in afwagting vir die Wereldbeker. (Net soos ons kombuisvloer in die oggend. Raai hoekom.) Hier sien mens ook in die agtergrond die Telkom toring wat 'n reuse sokkerbal op het.
En dan sommer ook so in hierdie maand ingestop: 2 heerlike kuiers met die Vans. Eers in Pietermaritzbarra. P wat besig is met rekenaars, C wat party reel. Zia wat verjaar! Hanru wat help doodblaas. Clarice wat "happy birthday to you" op klavier speel. Ek wat daarna baie hard slaap.
Altyd 'n baie lekker sielskuier. Sterkte vir ou Henry vir sy operasie. Die arme operasie het sterkte nodig!
En 'n effe onverwagte week daarna gaan doen ons saam met hulle die dieretuin-meander.
Genoeg vir 'n maand? Auwa. Ons vriend Rudolph nooi ons nog uit na Klipnes, sy huis wat mooi Bybels op die rots gebou is. En buiten vir lekker eet en kuier, was daar ook 'n heerlike spelery in die reenwater-dam by die voordeur. Henry(-John) Smith is die agterste een - sy sussie Lisa het pas uit die ICU gekom want sy was baaaie klein. Voor is Daniel van Jaco & Loulette.
En hier is die meesters. In 'n ander klas!
Uit die argiewe 'n afsluiting: Eduan wat as Rinkel-Krinkel buiteperd 'n silwer en goue medalje by Besige Bergies se atletiek wen. Jeeee!