Ons webalbum

Elke maand (omtrent) n paar fotos, stories of gedagtes uit my keyboard

Sunday, January 31, 2010

Parabene, monsters en ander gediertes

Nuus nommer eerste: Annika is 'n graad eentjie parabeentjie by Laerskool Bergsig. En meng die gene van 'n P en 'n N en daar kry sy skoon 'n vyfde plek in die 60 meter naalloop by hulle huissport. Haar langbeenmaatjie Marindi het (nes laas jaar) gemaklik gewen. Sy (M) vier dit toe deur 'n kettinkie in te sluk wat toe die volgende week met 'n operasie uit die dikderm gehaal moes word. Zia-lookalike Alicia in blou hemp het net 'n neus na Annika gekom. Dit was 'n heel gemaklike oorgang na graad 1. Met die maatjies wat nog steeds daar is, en die dat dit dieselfde skool is, is skoolklere en huiswerk elke dag die grootste aanpassings. En sy konsentreer ook beter in die klas nadat juf Delmari haar en Wandile weg van mekaar geskuif het.

Eduan is steeds in Rinkel Krinkel. Behalwe dat hy by die ouer-kenmekaar vir gemeentelede van sy pa se alkohol-probleme vertel ("Drink jou pa bier?" -Ja- "Baie of bietjie?" - Baie-) gedra hy homself heel goed en het allerlei aktiwiteite ook by die skool.

Ekself het 'n kortstondige droom gehad van 'n mak tarentaal wat op ons grasperk rondhardloop en soos 'n kruiwa skree. Maar helaas: Strepies was te erg beseer om die paal te kon haal.

Maar wie wil kla: Met 'n eie koggelmander en hasies in ons tuin is daar heelwat lewe. Om nie te praat van die mamma en pappa monsters wat maak asof hulle op die trampolien slaap, maar eintlik deur hulle skrefies-oë loer na sappige prooi nie. En die tuin is groen en die blomme blom met die reen wat net nie wil ophou val nie.
P het sommer vroeg in die jaar baie hard begin werk. Een saterdag tot 22:00 en een sondag tot die maandag-oggend gewerk tot hulle projek uitgerol is. Hierdie foto is baie vroeg geneem, want op die ander lyk gn van haar kollegas te vars nie. En tans is sy besig met die volgende rekenaars opstel - by Clarens by pa Dons se kerk. En ook haar Little Geeks wat weer hierdie week begin tussen al die 'gewone' dinge deure.
Met my volpos gaan dit ook heel goed, dink ek. Gister het ek die jeugdiens se nagmaal hanteer. Da Vinci se "Last Supper" het gevra watter een van die dissipels jy is. Vir 'n eerste keer het die kategete die tekens self in hulle kleingroepe uitgedeel. Klink of dit gewerk het...

En net om te wys dat ons nog steeds bietjie verlang na al laas jaar se kuiers en lekkergede gooi ek nog n paar herinneringe julle kant toe. Austa la vista, baby! (Raai wat het gister op SABC3 gewys?)

Labels: , ,

Thursday, January 07, 2010

Klarens Cersfees

2010 is al besig om sy tande in te slaan, maar was dit nie 'n heerlike Desember-vakansie nie! Maar 'n vinnige deurglip deur die tyd om ons by die kersfees(te) te bring.
Eerstens twee fototjies van die Oktober Naude-saamtrek. Die hele pienk Zebra span met die 2 dorings om die hokkiespan vol te maak. En dan Eduan met sy gebruiklike eks-in-die-hemel-as-ek-perdry uitdrukking op sy gesig. En lyk my cowboy-perde kry hom waar hy ook al gaan!
En toe Annika se 6e verjaarsdag, al was dit 2 weke vroeer sodat ons die maaitjies ook daar kon kry. Ons het bietjie afgewyk van die tema van vorige jare - nie meer prinsesse nie, maar FEETJIES. Soos altyd het Petra se kreatiwiteit haarself oortref met 'n opdress-hoekie en al.
En ons geskenk aan haar? 'n Goggatuin met 'n mikroskoop en "My eerste insekte boek".
Die 6jarige het toe ook geskitter in haar rol as crowd pleaser - en ons het die silwer beker om dit te bewys! Hier onder 'n vroee rehersal van "Kaptein"


Kersfees... Die vroee kersfees by die Groblers was heerlik; veral lekker dat Pierre en Narike ons kon join. Die tweetjies lyk goed vir 'n couple wat nooit son sien nie. Die fotos is soek (waarskynlik in Petra se laptop erens) maar die koffie-geskenke doen nog hulle ding. Hier swem ons lekker in die Grobler-swembad.
Kom-aan somer!!! Kyk net al die vrugte wat uit ons tuin uit kom. En kyk wie mis op ons einste Moutain View berg! Ons bly so lekker hier, dit maak ons sommer patrioties.
Die meeste na uitgesiende persent vir hierdie kersfees was.... "Yes! Yes! Petra kry 'n nuwe kamera. Petra kry 'n nuwe kamera!" (Op die bekende wysie van 'naa, na na naa, na') Panasonic Lumix Z27 superzoom met Leica lens.Hier is een fototjie naby Golden Gate met hom geneem.
En hier is die fototjie ingezoom op die spikkeltjie op die horison: Henry wat sy seuntjie dra. Not bad, eh?
Nog 'n paar afshow fotos:
'n lekker makro
Hordes gadget-funksies. Soos jy fix die fokus op die Suidelike malvink en hy hou dit in fokus al gaan ta hoe te kere.
En die liewe kinders:
Een groot hoogtepunt was dat ons in Oupa Dons se (ou!) bakkie geklim het en Drakensberge toe is om vir Oupa Dirk-hulle te gaan kuier. Die weer is sommer ook vir ons gereel: Warm oggend vir swem en gly in die bergstroom en koel middagweer vir stap na die viewing point.
Soveel fotos, soveel pret. cheers

Labels: , , ,