Ons webalbum

Elke maand (omtrent) n paar fotos, stories of gedagtes uit my keyboard

Saturday, June 28, 2008

Avonture van die Visri4 vier (also known as "The Gorgeous Tail, etc...")

Hier volg die dagboek van die Visrivier-staproete. (Click op prent vir groter kaart wat wys waar ons oorgeslaap het.
Dag 1

Ons staan die dag verfris op met skoon lug, ry Hobas toe en organise vir ons lifts. En daar gaat ons. In 'n koue shuttle wat by die beginpunt wat afkyk op die Visrivier meer as 500m ondertoe.

Die krake en mure en kranse is ru-mooi.

en tree vir tree tree ons dit af. n Middagswem en -eet daar onder in die groendam voel soos n seevakansie. Elsie is dapper mert haar kuit-spasma, maar hy pla maar lekker.

So kwartier verby n groot groep van 18 parkeer ons ons rugsakke op 'n sandstrand tussen die rotse.

Ek en Johann vaar die oorkantse oewerkloof uit op soek na hout terwyl Erik 2 klein geelvise vang. Ek en Johann voel toe so bietjie soos 'n maltees wat 'n lorrie vang - dis 'n ver pad se terugsleep terug na die kampplek.

Die hardehout het sy ding gedoen. Ons magies is vol diksteak en ander vreugdes.

Ek le hier op my rug onder die sterre in 'n bedskeur - hoop maar dit dou nie te veel nie. Ek gaan maar probeer slaap voordat die bekruipende maan in my oë begin skyn.

As dit nie goed is nie, wat is?


Dag 2

En wat 'n dag. 'n Dag van opstaan en weerkaatsings van rooi berge op rivier en poele.

'n Dag waar die kanyon jou met elke draai verras met nog een van sy gesigte: groot grysklippe, doloriet-stroke, reuse blokgruis, sandstrande en witstambome.

En net na middagete n swael-warmwaterbron vir blaasvoete en moë en stywe lywe.

Ons slaap by ... Net mooi 20 km vd begin.

Na lekkerkors patats en bloukaas-steaks le ek onder my peperboom-agtige struik. Oor my slaapsak se se tone blaas die vuurtjie sy laaste asem uit ter ere aan die dag.


Dag 3: Oorlopens van rivier

Ek sit hier donker-vroeg oggend op dag 4 en wag vir die laaste druppels water om te kook. Die nag het bietjie lank geraak - die gat wat ek vir my heupe gegrawe het, gooi my toe die heeltyd in die nat seil van die tent vas. Maar ek score koffie!

Eergister-aand deur die nag het ek en Elsie albei wakker geword en dammetjies op ons slaapsakke ontdek. Gister-aand was ons van die begin almal in tente.

(skink-skink, doop beskuit, slurp-slurp)

Gister: opgestaan. Elsie stap solank terwyl die res nog so halfuur sand van grondseile afvee. n Paar river-crossings oor klippe later is ons moeg en vat 'n breuk (10:45).

En Elsie doen dit ook - net oor die koppie 300m verder. Dis die dag van river-crossings

en die vasbyt-vlakte (die laaste 4 km voor die kampplek).

Ek en Gandalf (my staf) is onafskeidbaar - dis beslis 'n teken van ouderdom.


Ons eet middag-ete net voor Sandy-cliffs.

Langs die pad is daar ook baie spore: klein spoortjie wat moontlik klipspringers is (ek spot een teen die randjies), maar ook groeteres. En heelwat perdesppore. (doop, kou-kou)

Dit was lekker om by die kamp te kom. Ek en Johann (en later die ander) lawe ons moë lywe in die koue water neer en laat die son ons lywe bak. Applous vir die spiere - goed gedoen! En Johann voeter weer soos Brad Pit in 'a river runs through it' die water in met sy visstok. Die resultaat: 'n geelvis in die pan as 'n fish-doevre.

Die son begin die oorkantse kranse kielie en ek het 'n halwe koppie koppie wat wag.


Dag 4: Woestyn-stretche

Die ander (let wel: die ander) het so lekker geslaap dat die 18 groep verby is met ons tente wat nog son vang.

Baie short-cuts gehad - oor stukke dor ongenaakbare stuk aardes weg van die water af. Tee onder 'n boom nadat die gentleman-3 die 'ander' by 'n shortcut opgehelp het.

Na 'n lang woestyn-stretch builder-hop ons oor by die Babel-poel en eet opgeskrompel ons middagete onder die bietjie skaduwee. Nog 'n woestyntog tot by die Soldier's Grave. En 'n lang... baaaaie lang laaste loop by Sandy Beach verby en kamp oor 'n crossing net daarna.. 2 malles swem deur terwyl Ek & Erik die builder-ding doen.

Doodmoeg. elke spier. tot in die been. Maar die laaste dag is op ons.


*** Die laaste dag begin ons maar net verwoed stap. Nogal warm en 13h is ons by Ai-Ais met koue drankies in ons hande.

Nou tot by kuruman en al die pad terug.

There and back again.

Friday, June 27, 2008

Ver in die ou Kalahari

Terwyl Petra haar in Malawi vir haar werk afgesloof het, het ek dinge begin pak vir die Visrivier-stap. Maar voor die stap het eers 'n paar dae se lekker kamp voorgele. Vanaf Bryanston het die vier van ons (Ek, Johann, Elsie en Erik - ook bekend as die Visri4 vier) ons in Johann Grobler se 130 Landy na Kuruman gehaas en 20km voor die eindpunt gevind dat hierdie koning van die 4x4's diesel nodig het om te kan brul. Die volgende oggend by allerlei oulike plekke verby,
Tot by Twee Rivieren in Kgalagadi.

En hier volg die dagboek verder tot voor die Groot Vis. As die woorde jou verveel, kyk maar net die prentjies.

19 Jun - Kgalagadi Transfrontier Park: Twee Rivieren na Mata-mata

Ek was vanoggend weer eerste op - my lugmatras het weer afgeblaas. snaaks dat gaatjies hulleself nie spontaan regmaak nie! So rustig asof ons op vakansie is, slaan ons kamp af en laat ons paspoorte stempel. Ek kan selfs weer n halfuurtjie met die psalms en die Koning van die duine kuier. Eers 10h45 kom ons weg na mata mata en net na 3 is ons daar. Heerlike pad - die veld is so mooi.

Hier sit ek en erik met n bier op ons kampstoele en roep die eekhorings nader vir n close-up.

This is life. More ry ons na keetmanshoop se kant en sien watter kampplek sit die hoogste bie in. Hier laat jy nie dinge gebeur nie. Die dinge gebeur met jou. Soos ons middagete wat die band se welf met ons laat gebeur het op die perfekte piekniekplek. [Johann het hier nog die instruksies vir die 'heavy-duty jack' nodig gehad. Later was dit nie meer nodig nie...]

[Elsie kon nie die versoeking van 3 aantreklike mans wat by 'n put in die Kalahari afkyk, weerstaan nie]


20 Jun - Mesosaurus-park

Na n aand by Mata-mata gaan ons oor die grens. Johann vat ons vir n roaler-coaster ride (of is dit n seerit) oor die rooigolwe na die C17. die pad na Keetmanshoop. 'n Ent verby Koës trek ons af by Mesosauruspark.Dit eindig in n nag onder n versamelvoëlnes en tussen kubus-ysterklip stapels en kokerboomkoppies.

Ons nuttig 'n bier en Filadelfiese kaas by die uitsigpunt wat na die Karasberge uitreik. Skielik is die volmaan weg, druppels begin val en moet ons met (spring)haas by die koppie afstrompel voor die weerlig ons uitslaan en die reen ons braaiery uitreen. Maar n halfuur of wat later sit ons in Elsie se tent en eet skaaptjoppies en melk. n Suksesvolle dag in Nam. En met die reen in ons neusgate en op die dakke raak ons aan die slaap.

Ek skryf hierdie nou net verby Keetmanshoop.

Dit was n koue dag sover en die reen dreig gedurig.

Ons het n interessante toer gehad saam met die fossiel- Giel en toe die pad na Hobas begin aanpak. [Hier onder bespeel hy die Doloriet wat elders bekend staan as "God's Playground"]

Of ek weer n kans gaan kry vir dagboekery voor die vis twyfel ek sterk. (Miskien op die Vis met n ink-weergawe)

Canyon Roadhouse

So 2+ ure later is ons weer op dieselfde plek as die vorige inskrywing. Dis nou na n bandbars en middagete op Qualitytires se foyer. En met een wiper ry ons die sonsondergang binne deur berge en nat kleidale.

Dis donker en die Landie lyk bruingeskilder toe ons aankom by die roadhouse. En die reenerigheid laat die kampplek-uitdeler se hart voor Elsie vermurwe en ons kry n luukse halfgedakte lapa -droë grond vir die laaste nag. En die volgende oggend is daar amper nie n wolkie in sig nie.

Visrivier canyon here we come! Rugsakke gepak tot oorlopens toe. Johann se poging tot die quote van die dag: 'DAARS N WOLKIE so groot soos n man se hand op die horison... '


Hou hierdie spasie dop vir die Visri4 vier se dagboek van die ViSri4-staptoer!

Labels: , , , , , ,

Thursday, June 12, 2008

Die familie word groter

Nee, ons is nie swanger nie. Behalwe as ek swanger is van verwagting vir die Visrivier wat ek oor n week stap. Maar van opwinding is hier genoeg - veral omdat die huisasems wel meer word.
Kyk wat haal Annika daar uit die mou! Dis Termie die hamster. En Miemiekie die hamster sit bekommerd uit sy blokkieshuis en toekyk. Vir die mense wat negatief voel oor die blankes wat die land uit emigreer (of net werk vir 'n jaar of 3), moenie! Skep maar net pap (of hamsters!) as dit reen. Ons het selfs al 'n smart ketel, espresso, masjien en dvd-recorder ook geskep, noudat ek daaraan dink. Dankie ook familie vir al Eduan se geskenke - Chrissie-hulle sal bv die blokkies erken.

Die ander asempie daar agter is Edwin, Johanna se kleinseun wat vir 'n week of 2 hier by ons bly. Baie oulik, maar net so bang vir hamsters as wat hy vir.... Paljas is. Hy en E skop te lekker saam bal. (Alhoewel Edwin nog nie by was met hierdie video nie. Dit was kort nadat E sy goalposts gekry het.)



Verder is die stappe steeds baie opwindend soos altyd. Deesdae ry die hele gespuis behalwe ma en pa op fietse. Een keer het 'n groot swart vark besluit om saam te loop. Hier lyk Petra nog heel beindruk, want die vark het nog nie met sy besondere nat snoetjie aan haar skoene geshlobber nie.

In die foto hieronder sien julle die stad in die agtergrond. Skielik het daar van alle kante af nood-krete by ons kerk uitgekom en is ons heel doenig daarmee. PEN (Preoria Evangelisasie en Nasorg) help o.a. onwettige immigrante wat moes vlug en sit met Schubertpark-woonstelle waar oumense op die 25 ste vloer vasgekeer is (die hysbakke werk nie) terwyl riool en water oral deursyfer. Anyway...
Twee partytjies ook gehad: Ons het lekker saam met Johanette en Jan gekuier vir haar dertigste partytjie en met grasie en aptyt die Kritzingers by die Wollies verteenwoordig. En Gracia (Eduan se maatjie hier onder) het 'n perdrypartytjie gehad. Eduan bid nog steeds voordat ons eet: "Dankie Jesus. Diere click (dis 'n ander storie). Een perdjie ry. Dankie Jesus". Algemene kennis vraag: Wat is lekkerder as perdry en jelly? Antwoord: Niks.Tussenin ook 'n donkie van 'n ander kleur gery by NG Daspoort se Daspoort-Expo.
En kyk hoe staan Annika se bontperdjie op haar agterpote in ons Bergsigparkie:

Groete hier vanuit die bergsigland. Tot 'n volgende keer - hou julle asems op vir 'n teug Afrika.
PS - En liefste geleerde familie (dis julle almal!), skryf asb in die comments hoe JY "beshlobber" sou spel as dit jou blog was.

Labels: , , , , ,