Ons webalbum

Elke maand (omtrent) n paar fotos, stories of gedagtes uit my keyboard

Wednesday, April 25, 2007

'n Vakansietjie


Hellou da! Kyk net hoe vriendelik groet ma en seun julle uit die tentjie. Die April-vakansie het sommiges van ons 'n bietjie van 'n asemhaalkans gegee en dit gaan nou 'n bietjie rustiger. Miskien omdat die siektes ook 'n bietjie asem geskep het (hopelik hulle laaste asems uitgeblaas het vir 'n ruk)

Gepraat van asemhaal. Die rustige vakansie het ek afgesluit met 'n retraite (in Frans - sommer "retreat" in engels) by die Good Shepherd Retreat Center langs die Hartbeespoortdam. Julle sien sommer 'n hoekie van die einste dam in die foto vanwaar ek op my sonsondergangmeditasie-klip gesit het saam met 'n psalm. Dit was heerlik om regtig sielsdiep asem te haal en my binneste kans te gee om by my lyf uit te kom. Hoogs aan te bevele hier in Afrika.





Gepraat nou al weer van Afrika. Kyk net watse wilde ongediertes kry mens in hierdie kontinent. En dis net as ons om die blok stap!

Watch this space vir 'n paar familiefotos. Die London-neus (effens witterig as gevolg van gevrek aan son) Narike moes kom papiere invul in die suide laas naweek. Die volgende langnaweek is ook op ons en ons is oppad Clarens toe. 'n Herfsvlamboom of wat is binnekort ook hier op die web, in jou rekenaarkamer.

groetnis

Monday, April 09, 2007

Ons het 'n engel in die huis gekry. Dis nou nie die een met die blinkwit rokkie en vlerkies waarvan ek praat nie. Dis die ander een. Die donkerbruin een met die kopdoek aan. Haar naam is Johanna Mtsweni en sy bly by ons. Die kinders is mal oor haar en ons ook.

Sy praat met E Zulu en sy eerste woorde wat hy gese het, het baie soos "indja" geklink - dit beteken eet. En dit doen hy ook.

Die res van ons doen dit ook ook. Eet, bedoel ek. Veral paaseiers, want P het besluit met die ding dat ons nou 2 salarisse het, mag sy 'n boks met 60! in vir ons koop. Niemand van ons was baie kwaad daaroor nie.


Nie eers A was kwaad nie, al lyk sy so bietjie soos die hanswors uit Steven King se "It" met haar spontane glimlag.

Hier is ’n grappie wat ek op opstandingsondag in die kerk vertel het (het hom nogal gekry op kerk se webwerf). Ek hak sommer aan ietsie van my preek se toepassing daarvan.

Gholfspelers is mos fanaties – niks sal hulle stuit om ’n potjie gholf te speel nie! Hoor hierdie een! ’n Gholfspeler, George, het uiteindelik by die huis aangekom. “George” het sy vrou ontsteld gesê: “Jy het belowe om 4-uur by die huis te wees! Kyk dis nou al 8-uur!” “Maar liefling, luister na my. Arme Fred het op die agste setperk dood neergeval!” “O dis verskriklik!” antwoord sy vrou. “Ja , dit was regtig sleg en swaar.” antwoord George, “Vir die res van die dag was dit “Slaan die bal, sleep vir Fred, slaan die bal, sleep vir Fred !”


· (2 redes om die grappie te vertel: Eerstens, dit is gewoonte in die kerk om grappies oor die dood op Paassondag te vertel! As simbool van God wat laaste gelag het! Tweede rede vir grappie vertel: ons maak nie erns met die opstanding nie, daarom sleep ons ’n dooie Jesus saam met ons soos George met sy dooie vriend, Fred, gemaak het....
· In ’n golfbaan is daar sandtraps, daar is rowwe-veld, daar is watergate. Dit maak alles die spel moeiliker. Nou, in sulke omstandighede, wat maak dit makliker – om ’n dooie iemand saam te sleep oor die rowweveld, of om Gary Player as caddy te hê wat saam met jou stap? Nie ’n moeilike vraag nie. Dit is wat die opstanding verander in ons lewensperspektief. In ons lewens is daar sand (dryfsand van finansies), daar is rowweveld, daar is watergate (waar jy weet jy moet dien, maar waar kry jy die krag vandaan?). As Jesus dood was, dan moet jy nog ’n dooie Jesus saam met jou oor hierdie rowweveld sleep. (Slaan en sleep, slaan en sleep...) Maar as jy besef Jesus lewe, weet jy Hy stap saam met jou, Hy help jou dra, Hy gee jou raad, Hy gee jou krag....
· Ons maak nie erns met die opstanding nie, daarom sleep ons ’n dooie Jesus saam met ons soos George met sy dooie vriend, Fred, gemaak het....

He 'n lekker lewendige tyd na paastyd!

Labels: , , ,

Monday, April 02, 2007



ek sukkel maar nog n bietjie met die fotos-laaiery. Kom ons probeer weer:





... daar is sy!



Die A wat al weer met haar eie twee voete die berg op EN af is. Ek weet nie of dit "chips-power" of "tarentaalveer-in-die-hare-power" was wat haar gedra het nie.











En dan trug by die huis speel die maatjies weer saam - E en Paljas. Met E wat al so 5 tree op n slag gee.

Met 1 April en paasnaweek wat so na aan mekaar is, se Michael Card se "scandalon" dit duidelik, al is dit vreemd vir ons om te hoor: Jesus is die grootste April Fool:

'n Geseende Paasfees toegewens

Michael Card -“Scandalon
The seers and the prophets had foretold it long ago
That the long awaited one would make men stumble
But they were looking for a king to conquer and to kill
Who'd have ever thought He'd be so meek and humble


Chorus: He will be the truth that will offend them one and all
A stone that makes men stumble And a rock that makes them fall
Many will be broken so that He can make them whole
And many will be crushed and lose their own soul

Along the path of life there lies a stubborn Scandalon
And all who come this way must be offended
To some He is a barrier, To others He's the way
For all should know the scandal of believing
*
It seems today the Scandalon offends no one at all
The image we present can be stepped over
Could it be that we are like the others long ago
Will we ever learn that all who come must stumble
*

Labels: , , , , ,


Dit was so lank gelede - maar Saterdag is ons weer die berg op




Labels: