Die ooptes van Namibië
Die toer was 22 Junie tot 8 Julie 2013 en sal so vasgebrand bly deur al hulle lewensjare. Nadat die 4 muskiete-tiere die Saterdag-aand die geleende bakkie by Clarens volgepak het, het ons die oggend die eerste 11 ure aangepak. Verby die vervelige vlaktes annerkant Bloemfontein en die ewige ry-stoppe op die pad verby Griekwastad. Om daar aan die oewers van die Oranje tent op te slaan sodat Eduan in sy kleinniggie kan vashardloop in die nag. Twee dae later was sy oog darem al "afgeswel", maar Kristi moes nog 'n dag of drie wag voordat haar steke uitgehaal kon word.
Oor die ruwe pad van Riemvasmaak en verby groen en rooi wingerde vat ons die pad na Augrabies, die plek van groot geraas. (Alhoewel, as al 18 kinders gelyk praat - en dit gebeur gereeld - kon mens nie regtig die water hoor nie).
25-27 JUNIE: Canyon Roadhouse.
Oor die grens by Ariamsvlei en yskaste vol met Nam-vleis. En in 'n droë vallei slaan ons kamp op terwyl die cirrus-wolke die lug met veertjies rooi inkleur. As ons die koppies invaar, is elke klip 'n kunswerk van yster, kaktus en olifantsvel.
Hier loer die kinders ook af by die Visrivier wat stadig nog sy Canyon insny. Ons vier ons Yolande se 40ste tussen ou karre en geheime skatkisse in die badkamers wat alarms laat afgaan.
28-29 JUN: Klein Aus
Verby Ai-Ais
‘n
Reuse wiel het die pad sinkplaat gery
op
die harde grond langs die Visrivier
en
ons volg kleintjies in sy spoor.
By
die aftes slaan ons magies om;
bó
sien ons weer die uitsig
oor
die spergebied se draaie.
Die
gras is geel en glad
waar
grafte wegraak tussen klipsteiltes.
Ons
ry die pad van stof pluime,
slingel
tussen koppies waar kokerbome wagstaan
aan
altwee kante van die Spar by Rosh Pinah.
Dan:
verder tot by Aus
en
braaihout binne trekker-rims
waar
klippe hulle stomp geskaaf het
en
plat tot rus laat lê.
Van Klein Aus af maak ons 'n dagtrip na die Weskus. Op die pad is wrakke van huise en van karre. Bordjies waarsku ons teen die wilde perde wat rondloop oor die pad. Ons eerste sien van duine wat tussen gras uitloer. En dan kom ons by die spookdorp van Kullmanskop. Tot by die see waar ons steaks opeet terwyl ons uitkyk oor seilskepies. En Annika se hoogtepunt van die toer het vir my en Erna ook 'n uur laat kinders word: die agaatstrand so 10 kom Noord van Luderitz.
Alex se plaas naby (dus so 100km vanaf) Maltahohe is ons slaapplek vir die volgende 4 aande. Hier skiet ons teiken, geniet sundowners, rus en braai koedoe wat Henry goedgunstelik vir ons doodgery het. Want deur die dag is ons meestal op bokant 'n grondpad.
Die een dag se pad vat ons verby Solitaire tot by die plek waar Boesman sy skoene opgehang het: Spaarwater. Daar leer ons van 'n wêreld wat bang is vir water, hoe om sandakkedisse te vang as jy honger is en waar goggas hulle drankies kry. En toe word ons ook lief vir die droog. By Solitaire stop ons net vinnig genoeg om 'n Appeltert te eet en verby die ou kasteel van 'n kense Duitser te ry.
Die ander dag vat die pad ons na die rooi duine van Sossusvlei:
Satelietbeeld
van Sossusvlei
Die
wind van die berg
en
die lug van die see
bou
saam ‘n sand haai
met
duinetande. Dit haak ons
met
‘n kontrasrug by sy kake in.
Van
Duitsland en Suid-Afrika,
verby
Solitaire en Sesriem;
sy
lang swart tong suig sterk
en
sluk ons in by Dooie Vlei.En die terugtog na die Suide begin. Ons minder-dapperes stop by die Withuis om 'n laaaang dag in twee korties op te breek.. Op hierdie laatmiddag-rotse belowe Erna my dat sy met my sal trou as ek vir haar 'n mooier ring kry.
5-6 JUNIE: WITSAND
Die laaste stop. Die groot spoed af by die duine met sand in die monde. Die laaste games van kaarte en speel-letters. Die "House-of-Horror (/Giggles)" in die nag. En die herinneringe leef voort soos ons terugry.