Propvol feeverhale
Eduan het op die 10de van die maand oudergewoonte 'n jaar ouer geword, hierdie keer 'n heilige (?) 7 jaar. En dit was 'n hondekoek gewees. Oudergewoonte (op Eduan se aandrang) het Petra ook 'n skattejag vir die maatjies gereel. En ek het vir my, ag ek bedoel vir Eduan, 'n tafeltennistafel gekoop. Gelukkig het Bella onthou om 'n net te koop en Annika spane en 'n bal, anders sou dit seker nie veel gehelp het nie.
In hierdie halwe jaar het die mannetjie ook leer skryf, soos die lieflike storie hier onder getuig. As iemand 'n vertaling nodig het, vra maar. (Die laaste woord is spagghetti)
En op 1 Junie dog die mannetjie hy vang vis by die basaar, toe vang hy 'n swart beer - wat nou elke aand saam met hom slaap.
Oudergewoonte het buurmaaitjie Nico ook besluit om te verjaar by 'n spur, waar die rakkers ook pret gehad het. Hiers Annika in aksie
Maar moet ook nie dink dat net kjinners kan pret he by 'n basaar nie. Heel gepas by ons storietyd-basaar het ons 'n goeie ou konsert gehou. Dit was natuurlik alles net 'n scheme om teologiese student Salomo Arend Hattingh (center) op te lei (ly?) om 'n voorbeeld in lewenswandel te wees by 'n gemeente. (Sien julle ook die regressie van student, 13 jaar - Naude - en 20 jaar - Wouter- in 'n gemeente? Of is dit net ek)
Op die digterlike front was daar die jaarlikse "digsange" waar ek ook 2 of 3 gediggies gelees het, van Erna se lirieke gesing is en (ons mentor) Ian Raper se digbundel ("Oorlopers") bekendgestel is.
Ietsie van 'n doodgewone dag.... Les een in digkuns: die spreker in 'n gedig is nie noodwendig dieselfde as die skrywer self nie
Arrividerci
Besoek aan ‘n
Kwikspar
die
tannie by die till
sê
ek's gaaf en ek sê dankie
(wat
anders moet ek sê?)
twee
sakkies asseblief
en
kan ek 'n blou Winston kry
(of
het julle weer net rooi?)
Ek
ken al lankal
die
hande wat my kaart vat
en
vra al weer of ek straight is
Ek
skud die sakkies af,
grawe
vir silwer in my beursie
vir
karwag en die bedelaar op die hoek
wat
my altyd op my Naam noem
(waar
de hel het sy dit gehoor?)
Dan
ry ek na die woonstel
waar
my hondjie vir my blaf.
:-)