3 maande se vakansies in 2 maande
Ek kan dit wraggies nie glo nie - meer as 2 maande het ek laas geblog. En wat alles in hierdie tyd gebeur het was veral 'n spul wegbreuke.
Dalk het dit begin met my en Erna se kuier by vriendin Julia by Harrysmith (Herrievlei soos daai mense dit sê). Syt ons te lekker bederf. Die Sondag het ons by die sterkfonteindam verbygetrip (die ding was soos 'n see met die kwaai wind) en deur al die potholes gekronkel om te gaan kyk hoe sy werk by Little Switzerland. Lieflike plek, maar die goewerment se paaie het hierdie paradys bankrot gemaak :-(
By die huis is daar darem ook genoeg om te doen - Eduan weer erg aan die buleltjie speel. En Saamspan het 'n kaskar-wedstryd gehad wat groot pret was.
Erna is ok nou famous - sy was in die koerant omdat sy nie kon ophou rook nie. Maar sy't hard probeer en gaan weer die bose aandurf wanneer die tyd reg is.
Vroeg in Desember laasjaar bel 'n vrou van CANSA my en hoor of ons kerk nie 'n Shavathon ten bate van kanker-navorsing en ondersteuning in Mayville Mall kan hou nie. Ekt toe sommer dadelik ja gesê. En dit was groot pret al het niemand lig daarvan af weg gekom nie. Behalwe my kop!
En toe kom kuier Johan en Hannah vir ons uit Skotland. Dit was sommer baie lekker om te kon sien hoe Hannah groot en wyser word en Johan gryser :-)
En toe die vakansie oor is, is dit die nog niet. Die eerste naweek daarna gaan ek op 'n retreat van Willem Nicol. (Ek het dit gemis vir die afgelope jaar of 2)
En 2 weke terug was ek en Erna nog saam met van haar familie by die Noordkus (Natalia) waar ons vir oulaas 'n laaste skep somer ingekry het.

En toe is dit Aprilvakansie. Ons stuur die kinders een dag na die Dieretuin se dagkursusse en op die ou-einde doen hulle drie (voëls, reptiele en "mammals"). Hulle het dit baie geniet.
En toe kom kuier Johan en Hannah vir ons uit Skotland. Dit was sommer baie lekker om te kon sien hoe Hannah groot en wyser word en Johan gryser :-)
En daarna gaan Annika na die Doyers se plaas toe vir die perdryskool wat Ouma en Oupa vir haar as kersgeskenk gegee het. Sy was baie trots op haar perd Vicon wat 'n afstammeling van die regte wilde perde van die Namib-woestyn is. Hoekom het ek so gevoel hierdie is net die begin. Goeie tye lê voor!
Om die Skotte se nabyheid te vier, loop ons toe 'n Kaapsche draai naby Nelspruit saam met die hele gespuis. Pragtig, lawaaierig en lekker! Die slaap in die grot die laaste aand bly nog 'n groot en gunsteling herinnering vir die kinders.
En toe die vakansie oor is, is dit die nog niet. Die eerste naweek daarna gaan ek op 'n retreat van Willem Nicol. (Ek het dit gemis vir die afgelope jaar of 2)
En 2 weke terug was ek en Erna nog saam met van haar familie by die Noordkus (Natalia) waar ons vir oulaas 'n laaste skep somer ingekry het.
En nou is dit die hef-aan met 'n groot spul dinge wat loer. Eduan verjaar bv oor 3 dae!
As afsluiting van die lang fotoritse plaas ek maar 'n versie wat ek in my kop begin skryf het toe ek vir Johan-hulle se KLM-vlug op die lughawe gewag het.
Vaarwel, vriende en familie tot 'n volgende keer!
OR Tambo
Mense
is mense.
So
kom ek agter terwyl ek wag:
gesigte
verwissel gedaante
as
die skeufdeur outomaties
oopmaak;
oë
gooi sluiers af en en lag
vir
die trollie wat naderstap.
Die
oomblik van erkenning bars
hulle
lywe in; 'n mens broei uit
in
die wagkokon van terminaal A
en
liefde storm vorentoe.
Dan
word die mense langer
en
witter uit Amsterdam.
My
oë begin ook soek;
waarnemer
word deelnemer
en
ek lag as ek sien
ek
word ook mens.