Die Winter's verby
Uit 'n heerlike Pretoria groet ek julle met 'n blommecollage uit my tuin. En dis nie eers almal nie! Hola-dri-hi-hoehaaaa!
Met Bella in die foto hierbo... Die slegte nuus is dat die liewe getroue Paljas gister agter in my groentetuin begrawe is. :-(
Ook 'n era wat verby is... Ons gaan haar mis. En huurder Ricky is die meeste in trane van ons almal.
Sommer ook 'n mooi blom uit tannie Ronwe se tuin, want Johannes het verjaar en ek en die kinners het so lekker soos altyd daar gaan eet. Intussen het Petra ook haar amptelike middel-dertigs (dus 35) geslaan en het ons 3tjies haar vroeg-oggend wakker gaan sing.
Die lekker weer maak ander dinge ook moontlik. By 'n bring-en-sing van vriende het ek weer na 'n lang-rus my tromboon uitgepluk en al blasend gejam. Groot pret. En ek het iets gedoen wat ek al lankal vir myself belowe het: 'n uitvoering van die vermaaklike Chris Cameleon. By Cullinan se "Jan Harmgat se Agterplaas". Hyt my sommer lus gemaak om ook 'n show te gooi. Maar ek twyfel of ek in hierdie lewe sy vermaaklikheidswaarde sal kan bereik. En dan met 'n piekniek in Magnolia het ek geleer "tou"loop, al het my kniee soos n bang muis aan die bewe geraak.
My skrywery se hoogtepunt sover was sekerlik ook in hierdie maand. Ek was mos n finalis in WOES se skryfkompetisie met my kortverhaal "Die Jagter". Ek het nie gewen nie, maar ek het gewen met my sosiale kruipersinstink. Ek en maaiki Erna maak toe die lekkerste vriende met die kortverhaalwenner Johann Boshoff en sy "date" Berdine. En daar gee hy 1) sommer vir my die reuse KWV Roodeberg wat deel van sy prys was en 2) is ons besig om 'n projek aan te pak vir 'n gesamentlike bundel. Opwindende tye!
Die kinders het intussen ook groot skoolkonsert gehou en was sterretjies. En Eduan en Annika ontaard in fotograwe (met 'n biki editingwerk van my kant af, moet ek erken). Eduan het die een van Pixie geneem en Annika van haar skaduwee in Clarens.
Ja! Clarens. Ek, die kids, die Adlems en Erna is weer verruk met die mooiste plek en met "liewe ouers!" se gasvryheid. Bietjie Clarens kultuur ook die Sat-middag geniet (al was die son so warm): baletters en 'n orkes van Durban. En natuurlik al die gestappery, kuiery, shopperye, etery ens.
Met Bella in die foto hierbo... Die slegte nuus is dat die liewe getroue Paljas gister agter in my groentetuin begrawe is. :-(
Ook 'n era wat verby is... Ons gaan haar mis. En huurder Ricky is die meeste in trane van ons almal.
Ek sluit af met "n dag in die lewe van ds Naude"-fotos. 'n Troue, 'n siekebesoek, 'n skoolopening en 'n snr bybelstudie kwartaal-afsluiting.
En nou gaan die jaar begin hol!!