Wintervakansie
"Die vier-en-twintig weke van Julie is die langste maand in die jaar", sing Prophet. Ek weet nie of dit so is nie. Wat ek weet is dat dit maar brr-koud kan raak. Maar as mens 'n warm kombers en warm kat het, kan die hele huis darem warm slaap
Die kinders is natuurlik ook by die huis in vakansietyd - maar dan reel mens maar goeters en oorslaperye en heen en weer spelerye.
En daar ook vlammetjies in die tuin. As mens 'n soetbekkie het is dit genoeg.
Vir diegene wat nie 'n soet-genoeg bekkie het nie, maak ons vure onder hulle en nooi hulle vir 'n Winter-Solstice partytjie. 'n Verskoning was ook dat Erna verjaar (alhoewel eers 23 Desember - maar sheim, sy sal nooit anders 'n party he nie). Proe maar saam met ons aan die kaggel, gluwein en sop met broodjies.
(My paleis was beskikbaar vir hierdie bol, maar dan moet Aspoestertjie na die tyd die vuurhert skoonmaak en die gebreekte wynglase opvee)
Heerlik gekuier! Dis 'n lieflike kuiervenue hierdie. En dan het ek juis laasweek ook gaan luister-kuier na die bluesman by Papa's restaurant. En 'n kleingroep kuier (eerder grootgroep - daar was 30 mense!), Queenswood katolieke kerk saam met teologiestudent-vriend Arend besoek (gratis koekie en wyn) en kom nou pas terug van lekker kuier van Rosa Smit digteres.
Werkgewys was dit maar stillerig, al was ek alleen aan diens gewees. Die gemeente hiberneer eerder in hulle grotte. In die tyd het ek wel saam met oom Gawie (ons sendingkoordineerder) 'n laeveld-trippie gedoen. Ons het ons 2 sendelinge in die Hazy View-omgewing besoek en kon eerstehands van hulle probleme hoor en ongelooflike werk beleef. Baie sinvol!Hier onder my nuutste Wondernuus voorblad (Ekt lanklaas een hier gegooi).
Arri Viderci!
'n Vuil stuk hout?
Hierdie
man is soos 'n stuk hout wat uit die vuur gered is.
In die Visioen van
Sagaria sien ek myself daar staan soos 'n swartgebrande stuk hout. Op
Sondae van die kansel af sien ek gesigte met swart strepe en grys as
in die hare. Ja mense, die lewe diskrimineer nie! Hy gooi ons almal
soms in die vuur waar ons basvelle afgeskroei en gebrand word. Die
vlamme brand ons met die dood van 'n ouer, 'n vriend, huweliksmaat of
dalk die ergste: 'n kind. Of 'n verhouding wat bitter proe en jou
verbitterd maak. Of natuurlik sonde. Of dit nou jou eie sonde is of
iemand anders s'n maak nie saak nie – dis dinge wat gebeur het wat
jou lewe swart smeer. Verslawing, verwerping – ons kan nog
name gee vir sommige van die vlamme.
Ek hoor iemand nou die
dag se: “Don't hold the past against me – I don't live there
anymore.” Vir 'n kind van God is dit dubbeld waar.
In die visioen van
Sagaria 3 is dit die Satan wat die hoepriester probeer aanvat vir
alles wat in die verlede gebeur het. God vee sy aanvalle vinnig van
die tafel af. Dit is beslis nie God wat op jou case
is om oor en oor dinge wat gebeur het soos vrot tamaties teen jou te
gooi nie. As godsdiens of jou gewete week na week vir jou vertel hoe
sleg jy is, is dit nie God
se stem nie. Dis die duiwel wat buikspreek. God wil iets heeltemal
anders met sy kinders doen:
“Trek
uit dié liederlike vuil klere van hom.” Vir Jesua het hy gesê:
“Ek het jou jou oortredings vergewe en Ek gaan vir jou skoon klere
aantrek.”
Die
Here kyk verby ons lelike verbrande houtskoolklere en sien die unieke
hout soos hy ons elkeen gemaak het. Dit is Hy wat ons uit die vuur
red. Hy trek vir jou skoon klere aan. Hy gee jou 'n nuwe lewe. 'n Wit
tulband om jou kop om te bevestig dat jy vir 'n hoe diens geskik is.
Jy's n priester wat in die Allerheiligste mag staan. 'n Volgeling van
Jesus het sy Gees in hom of haar. En hoe meer ons onsself oorgee aan
dit wat die Gees in ons wil doen, hoe meer kom ons elkeen se unieke
grein uit.
'n
Vuil stuk hout? Ek woon nie meer daar nie!