Mei maand, jou maand
Die eerste stap in die maand was die trappies vanaf 5 na 6. Eduan het SO lekker geblom onder die aandag wat so om hom draai. Hyt mos so lieflike shmirk op sy gesig as hy regtig in sy noppies is.
Soos wanneer hy 'n drie druk, wat hy hierdie bulletjie-seisoen heelwat gedoen het. (Sien video) Soos wat nog n maatjie by die hek inkom met 'n geskenk wat net vir hom is. Soos toe hy 'n regte kamera kry waarmee hy die diere kan afneem. En vir 5 dae plak hy die shmirk op sy gesig toe sy liewe ouma en oupa hom Kruger-Wildtuin toe vat! In die dae sien hulle troppe olifante, renosters, buffels, en miauwende jagluiperds langs die pad. In die aand kuier hulle saam met hienas en wors.
Intussen is die rugby-afsluitingsfunksie agter die rug. En Annika het 'n goue sertifikaat vir haar hiphop gekry - oee die dansery is vir haar lekker en sys die uitblinkertjie. Buurseun Nico het gaan pizza-verjaar by Mikes Kitchen. Een mamma (Cornel) se na die tyd hoe beindruk sy is met ons kinders se goeie maniere. (Agter elke goedgemanierde kind staan 'n verbaasde ouer!) Agter op hierdie prentjie wat Annika met sorg vir ons geteken het, skryf sy "Ek begin nou gewoond raak dat julle gesky is". Dit gaan goed met die kinders en die roetine is al lekker gevestig.
En dan die basaar! Jitte, die goed raak net al hoe lekkerder. Seker omdat ek al hoe minder met die vooraf-reelings te doen het. Maar op die dag self is dit groot speletjies, veral as die tema KARNAVAL is. Ek besluit toe om, in plaas daarvan om R100 te betaal om 'n kostuum te huur (soos Viking Arend hier onder), ek R40 betaal vir my uitrusting by Vrydag se Jumble sale. Op die dag word ek wel in hegtenis geneem, maar iemand het my gou uitgebail. En die kinders geniet hulle gate uit - kyk net hoe blaas hulle borrels in die video!
En het ons nie 'n interessante land nie!!
Zumariek
'n
Prez het vroeër in die Suidgebied
' n
AK geswaai, soos ‘n terrie geskiet.
Maar nou's
hy geverf,
'reputasie'
bederf.
Net EEN
member sing nou sy lied.