Ons webalbum

Elke maand (omtrent) n paar fotos, stories of gedagtes uit my keyboard

Monday, March 26, 2012

mmmm....

















Ja, hierdie is nou nie eintlik 'n maklike maand-en-n-half om oor te skryf nie. Ek val daarom met die deur in die huis. Of moet ek sĂȘ in die twee huise, want Petra pas solank ons Irvinelaan-huis op totdat dit amptelik net haar huis is. Dink maar aan ons gesinnetjie - al weet ek julle doen dit al klaar! Wonderlik ook die ondersteuning wat ons van oral ontvang en dinge wat dikwels goed uitwerk.

Maar n spul ander dinge het ook gebeur hierdie maand.Eduan het sy atletiek ook gedoen (veral met die hindernis was hy briljant) en speel ook deesdae bulletjie rugby, al bly tennis sy favourite (tot Petra se verligting)
















En ek het n heerlike naweek in die Drakensberge gehad en n minder lekker 5 dae in die hospitaal toe ek met my kop in die pad gaan val het en my harsings propper geskud het. Die breinscan het toe positief getoets - ek het xstrale om te bewys ek het een!

En net betyds uit die hospitaal vir die groot.... TROUE!!!! By die lieflike dorpie van Riebeek Kasteel. Die lekkerste, mooiste, ontspanne en kuierigste troue moontlik. En behalwe dat Herman in die middel van sy 'vows' besluit het om sy selfoon uit te ruk en n belangrike oproep te neem (so het sommiges gedink), het alles glad verloop. En die bruid Ingrid... verruklik en pragtig! En kyk net die pragtige blommemeisie wat die ringe ook aangegee het.



































Na die troue het ek en die kinders by digtersvriendin Ammie en haar twee dogters gaan kuier op Saldanha-baai. Die Weskus was 'n heerlike ontdekking vir my en die kinders. Dit het ons siele net goed gedoen.













































Dit moet Jonothan Livingstone Seagull wees hierdie!


In hierdie tyd is ek op lekker langverlof (arme P het 'n reuse projek). Maar daars heelwat te kuier, te dig en te doen so tussen-in. Hier is so collage van 'n paar digterlike oomblikke, kuiers of stories. En in afsluiting 'n gedig oor die oomblik daar in die middel van die Drakensberg-collage.






























Oerstryd

Die son kom op oor Duiwelstand,

die son breek deur die nag.

Tugela stry nog teen die aarde

maar die afgrond het meer krag.


Die son skyn warm op die klip,

die slang begin ontdooi;

ingesmelt en tussen gleuwe

wag hy op sy prooi.


Die lewe pik, die tande klou,

gif tintel deur die lyf.

Maar die son kop op oor Duiwelstand,

die dag begin bloedrooi.