Eduan5 and your world news



Tannie Willa is always very entertaining with her 2-weeklikse. I just have to include her most recent one. Unfortunately she hasn't yet figured it out how the "Shift" key works.
hallo julle
hier op die westelike front is alles nie heeltemal so stil nie, ons vakansie is ook nou verby en more begin almal, selfs pensionarisse, weer werk.
ek het besluit daar is 'n makliker manier om geld te maak. ek gaan deelneem aan die program op bbc, "who wants to be a millionaire'. wanneer 'n mens 'n vraag nie kan beantwoord nie, is daar 'n paar hulplyne, en een daarvan is, "phone a friend". toe besluit ek die volgende as ek 'n vriend nodig het. as die vrae oor wiskunde en die internet gaan, bel ek vir rika (ook bekend as julle ma). as dit gaan oor komputers,en kinderpartkies, is petra die regte een. naude sal alles weet oor teologie, lord of the rings, harry potter, en ander moderne, futuristiese en klassieke literatuur en flieks. eduan en annike sal die vrae oor sudoku en wii kan beantwoord. narike en kie sal kan help as dit gaan oor britse geskiedenis en avontuursport. meukie en kie klink my weet alles oor hededaagse politiek, en moord op terroriste. herman sal natuurlik die regte een wees om te vra wanneer dit gaan oor vlugroetes na en van mosambiek en die kaap. en wanneer nie en van julle kan help nie, sal dirk gou op sy selfoon wat hy van herman gekry het, google, en siedaar, die regte antwoord spring uit!
liefdegroete, van julle aanstaande miljoener t.willa
Ja, ons families is besonders en baie dinge is aan die broei. Herman het 'n nuwe Cruiser. Muriel het groot besluite oor watter land sy wil bly. Chrissie en Henry het 'n 10 jarige massa wedding anniversary gehad. Ek brag ook sommer met haar skildery "UP" hier onder.