In Memory of
Gister het ek 'n graffie gegrawe vir my beste maatjie... in die plekkie in die tuin wat reeds ander sulke graffies het. Ek het haar saggies daarin neergelê, en dit toegegooi. Dit was een van die swaarste dinge wat ek nog in my lewe gedoen het.
Daarna het Annika en Eduan gehelp dat ons die graffie met blomme uit die tuin versier het. Tombi was soos 'n blom wat altyd vreugde verskaf het. Vandag sal die blomme verlep wees, maar ek weet nie hoe lank dit sal sal wees voordat hierdie leë plekkie weer gevul sal wees nie.
Vir amper elf jaar was sy my bedmaatjie. Ek het laasnag haar warm lyfie gemis. Hoeveel keer het sy nie haar ore geklap in die nag... die teken dat ons moet opstaan, want sy wil 'n draai loop. Hoe het daardie gesiggie nie geval as ons vir haar sê "soet bly, Tombi" as ons sonder haar moes iewers heen nie... en hoe uitbundig was haar groet nie as ons terugkom nie. Nooit was daar 'n verwyt nie, nooit het sy ons geïgnoreer nie, sy was net bly en het dit luidkeels uitgesaai.
Sy het my iets van liefde – onvoorwaardelike liefde – geleer. Sy het eenvoudig gegee sonder om terug te verlang, en in die proses dit natuurlik maklik gemaak om haar ook lief te hê. Waar jy ookal gegaan het, as jy omdraai dan sien jy haar stille teenwoordigheid, en die onskuldige liefde in haar oë. Ek sal die klank van haar pootjies – en daardie vertrouende kyk – baie mis.
Sy het die beste uit my gehaal. Wanneer sy by 'n oop deur na buite gaan, maar daarop aandring om by 'n toe deur ingelaat te word, was ek nooit ongeduldig nie. Wanneer sy op my skoot wou klim, het ek haar gehelp. Sy het my gehelp om te wees soos ek teenoor mense behoort te wees. Hoe gaan ek sonder haar verder met hierdie stukkie heiligmaking vorder?
Clarens was sinoniem met Tombi. Daar is nie 'n paadjie in en om Clarens wat sy nie geken het nie. Ek dink ons drie was 'n bekende gesig by swart en wit soos ons op die verkillende plekke gestap het. Sy was 'n vrolike, dapper en moedige stapper... selfs nou nog toe sy al grys op die bek en pote begin word het.
Dit was reg dat sy op 'n stap haar einde ontmoet het. Die ou klein bergaddertjie sou ook net vir ons ou klein Tombi genoeg gif kon hê.
Ek is seker ons gaan weer sien, Tombi.
Ons eie liewe hond Bella het hierdie keer saamgery en die stappe selfs meer as die ander geniet. Dit lyk vir ons darem of ons toe NIE spaniel-jackrussel kruisings gaan kry nie, en kyk solank uit vir 'n Daniel-Spaniel.
Die laaste foto is een wat ek eendag kan wys vir haar agterkleinkinders. (How about titling it : "Contemplating the Groot Trek over the Mighty Drakensberg")
A highlight for the kids was a visit to a farm 38 km North of Betlehem to visit tannie Annie's family. (Tannie Annie is a lady and good friend of Mountain View who - amongst other things - looked after both our kids from babyhood)
In the photo she and Leon de Villiers (her talented son and children's book writer) looks in awe as Eduan displays his newfound Wimbledon tennis-skills.
We arrived back in Gauteng just in time for our second "Big Concert" of the year - again in soccer city. This time Neil Diamond. Although we're not specifically fans, we enjoy his music and know most of his songs. We really enjoyed the concert! (Ed: Actually, we ARE fans, P is in denial because we noticed how old the average fan is! Him being 70, it's not surprising) What a beautiful noise.
Eduan het nou ook soos Annika begin Sudoku doen - hy doen 4x4 (heeltemal op sy eie) en 6x6 (met bietjie hulp). Dankie vir die slim wiskunde oupa en ouma wat die kids aan hierdie dinge blootstel! Eduan is so cute as hy dit doen, hy kan nog nie eens behoorlik 'n 5 of 6 skryf nie, maar weet presies waar elke syfertjie moet kom.
Maar die ou neus wat hy van sy oupa en pa geërf het. Ek vlug maar dikwels na 'n ander kamer as hy vroeg oggend by ons kom inkruip en snuif. Maar oupa het beslis die boereraat daarvoor.
Ter afsluiting 'n video