Ons webalbum

Elke maand (omtrent) n paar fotos, stories of gedagtes uit my keyboard

Tuesday, December 28, 2010

Smurwe, Bratz en Drakies

Beste vrinde en familie:
Uit die land van waartlemoen, skewe bekke en groen gras...
Net mooi gister het ons gesinnetjie teruggekom van 'n heerlike lui-lekker kuierkersfees saam met die uitgebreide Groblers. Al die rose met hulle mans het uit die wereld uit saamgetrek by Mahai kampplek by die drakensberge vir 4 slapies.
Ek het lanklaas so lekker gekuier - heerlik om nog dieper te connect met die spul en vir die eerste seker te maak dat Muriel se Achiel nie net Muriel se Achiel is nie. Welcome to the family, Achiel!
Maar as ons terugblaai na 'n vorige lewe wat so maand terug gebeur het, was daar ook 'n E-smurf op 'n smurfboard. En lyk ek nie soos 'n Tele-evangeliser op hierdie foto by sy konsert nie? Let ook op my geeky Cloud-power T-shirt wat Petra vir my gewen het met die vraag: "In Toy Story; who said 'It's not flying, it's gracefully falling'"?
En dan het ons gemeente ons eerste Mannekamp gehad by Warthog Inn. (Ek wonder nou skielik of dit die naam was wat ons manne soentoe aangetrek het?) Maar asof dit nie erg genoeg is om 'n vlakvark te wees nie, kry ek nog ook 'n 'idiot-cut' met 'n wimbuks. En 'n maand later wonder ek of dit nie 'n permanente idiot-letsel gaan wees nie. [Wat kry mens as mens 'n blondine en 'n vark kruis? 'n Vlakvark]
Die Sondag-aand hou ons toe by Andri-hulle kerskonsert met alles van "Hierdie Kind" tot Jingle Bells en Felice Navidad.
Annika word toe op die selfde datum wat sy 6 geword het, hierdie keer 7! En nou het sy (ook na Kersfees) 'n Bratz-bordspeletjie, 'n Bratz-pop, 'n Bratz-ballon, 'n Highschool Musical dansmat vir reenerige dae, en honderde prentjies van Bratz wat sy ingekleur het oral teen haar mure opgeplak. P het weer 'n lekker party aanmekaar geslaan met 'n kareoki en skattejag waar die Aliens die Bratz ontvoer het en ransom vra.