Paastens
Die paasvakansie is nou Past-tense en dit bring fots, want daar het baie gebeur. Onder ander bestel ons toe 4 Paashase. Ek was bietjie onthuts toe dit toe nou nie Sjokolade Dwerhase is nie, maar ek kan toe nou nie 'n gegewe haas in die bek hap nie. En selfs Paljas kon hul nie opeet nadat hulle name gekry het nie: Shaden (Annika sn - op foto), Witsnoet (Eduan), Jay-jay (Gift) en Spikkels (Petra). Om my te troos is ons gesin darem nou al besig met ons derde BOKS paaseiers.
En kort daarna moet die Adlems hulle oppas toe ons almal die hoogte opruk na die lieflike groen Drakensberge, by name Dragon Peaks kampterrein. Ons eerste tentkampery vandat Eduan by is. Ons het selfs die vorige week by die huis geoefen en in die tent geslaap (sommer ook kampvuur, bier en mashmallows ok)
En toe na die berge
Die samekoms was vir al die Kritzingers wat dit kon maak - op die ou-einde 38 van ons. Mens sien meeste bitter selde, maar dis 'n oulike spul en ons kuier lekker
Maar dit was veral die volgende geslag nigs en neefs wat lekker gespeel het.
Hope aktiwiteite: Fietsry, elke dag 'n gratis ponierit om die stalle ('n lang rit vir my en P & C), fietsry, speel, in die bosse en berge stap, eet, herfsblare optel en nog wat
Die mooiste plek - en toe gaan ek en die kinders nog 4 nagte oorbly by Clarens. Arme P moes terug hok toe. Maar oor 'n maand is dit 'n ander hok. Dan begin sy by Momentum werk. Dis nader aan die huis wat kan maak dat sy ook in die oggende met ons kan wees (en nie meer 5:00 in die pad hoef te val nie)
Intussen is dit nou die oploop na die kerkbasaar en ek lees een oggend doodluiters op die afkondigings:
DIE LERAARS DAAG DIE RES VAN DIE GEMEENTE UIT OM HULLE BAARDE TE LAAT GROEI VIR DIE BASAAR (29 MEI)
Nou ja: Die eerste basaar-kompetisie (selfs nog voor Tombola) is:

SPOT THE DIFFERENCE:
Die wenner sal later aangekondig word