10 Jaar Sowaar!
20 Maart 1999-20 Maart 2009
En baie water en 2 kinders het intussen in die see in geloop. Gelukkig (soms) het die kinders darem weer uitgeloop. Gelukkig het die water nie weer uitgeloop nie, want dit gee toe vir ons 'n lieflike anniversary by 'n vol see. Dankie Van Niekerks dat ons kroos so lekker by julle kon kuier!Mazeppa Bay - So 100 of wat km Noord van Oos-Londen in die Wildekus. Heerlike lang strande, duine en 'n 6km loop na die Cob Inn vir 'n biertjie. Eers moet jy die ferry-man anderkant die rivier roep om jou oor te roei. Die onderste pan(orama) met my in die voorgrond het Mazeppa se hangbrug na die eiland in die agtergrond.
Beeste is gewoonlik die enigste ander strandbewoners, maar in die bosse kom paddas en guides (Jonas & Sam-en-familie) onder reuse geelhoute voor. Naude en Petra kom ook voor.
Skildertonele is om elke draai te sien, selfs vanaf ons hotelkamer se stoel.
Wat kan mens doen (behalwe soen)? Stap, fietsry, karry, strandle, lees en roei - sonder om jou te vermoei.
Wat nog nuut in die geweste? Sysag (die katjie) het ongelukkig na 2 weke se kuier een Vrydag-aand besluit om die volgende kinderhartjie iewers in Pretoria bly te maak, tot groot tranedal van ons kinders. Maar omdat Annika se skool haar mooi help met spelling het sy maar net die kat met kar vervang. Sy en haar troetelkarretjie is nou onafskeidbaar. Te danke aan die Vans kon Annika se kantwieletjies ook nou afkom en ry sy trots oral op haar fiets rond. Die dogtertjie word al so groot dat selfs die tandemuis al begin regop sit. En sy het 'n silwer-sertifikaat by haar eerste atletiekbyeenkoms gekry vir 2e plek in die 60m.
Eduan is net so dol en gelukkig by sy skool as Annika. Ons kry die volgende trotsmaak-verslag by sy musiekwaardering-juffrou:
"Eduan is spontaan en baie vriendelik – hy sing en dans en speel heerlik saam in die musiek klas. Hy is ’n plesier, baie dankie, Eduan!!"
Petra se groot scheme is 'n langtermyn plan. Sy gee al van die begin van die jaar af rekenaarprogrammering-klasse vir laerskoolkinders en ontwikkel so haar currikulum. Die plan is om 'n hele netwerk op te bou en selfs oor 'n jaar of 2 ander onderwysers te he. Net na die skoolvakansie is daar 'n Saterdag-werkswinkel by L/s Saamspan waarin sy die Little Geeks (TM) wys hoe om games te skryf.
En Gift was by die eerste kamp in sy lewe. By Rocky Valley in die Magaliesberg.
En dit was die nuus geskryf en saamgestel deur Naude Kritzinger
(Onthou om na http://naupet.blogspot.com te gaan as jy die fotos groter wil sien)
Labels: Anniversary, Mazeppa Bay