Ons webalbum

Elke maand (omtrent) n paar fotos, stories of gedagtes uit my keyboard

Monday, February 23, 2009

Batte, gatte en katte

Wat 'n maand of wat met 'n bad en 'n kat.

Ek dink ons kan nou met selfvertroue se dat die badkamer klaar is selfs die kaste en deure wat nie in die gelaste foto inkom nie. Wat 'n plesier - ek gaan draf sommer elke dag sodat ek nog 'n keer kan stort. Ons skuld pa Dirk nog net 'n groot uiteet (en geld noudat ek daaraan dink) vir SOOL (Sy Onbaatsugtige Opofferings aan sy Liewe familie).

Die gatte? Kinners wat siek word - nie net een keer per persoon nie - kom eerste op die lys. Hier is Eduan in aksie. 'n Groot gebedsgeleentheid wat ek reel en een persoon daag op (Dit het darem hard gereen ter versagtende omstandighede. En die volgende dag is daar 2 sterfgevalle). Annika wat haarself meer wip as 'n muisval (en meer verwoesting saai as een). 'n Rowwe tydjie.


Maar nie sonder interessante opwinding nie. Soos dat ons amper vir ons 'n bergplaas koop in 'n weggesteekte valleitjie 15 km van ons af. Ons wou nog R800 000 aanbied toe's dit verkoop vir R1.2m. Waarskynlik goed so, aangesien ek tog daarvan hou om soms botter op my brood te eet.
Maar te midde van dit alles het ons Here se seen vanuit die hemel neergedaal. In die vorm van 'n katjie wat toe binne in ons geelhoutboom beland en nie kan afklim nie. Spierwit met grys ore, 'n grys kol op die rug en 'n greisstreepstert.
'n Trooster en beste maatjie vir Annika as Gift en Eduan boys' stuff doen en haar siel onrustig is. Vir so 'n goeie saak is ek bereid om te nies.

'n Bat, 'n gat en 'n kat
Dis al.
(Met apologie aan 'n digter wie se naam ek nie kan onthou nie)