Oktober September die jaar skop die emmer
Ons 13e Sendingfees het ook weer gekom en gegaan. En die sendingstap is terug sonder dat ek dit gereeel het. Intussen het ons nuwe sendeling-kinderwerker (Mamy) wat uit Madagaskar by ons kom kuier het, per email laat weet: THE BOY HAS ARRIVED. HIS NAME ARE NATHANAEL (3.18 KG) I’M VERY GLAD TO LOOK AT THE BABY AND MY WIFE IS VERY HAPPY WITH THE BEBY. GOD BLESS YUO AND THE CHIRCH. SAID GOODBYE TO THEM. THANK YOU VERY MUCHE
Die Naude-naweek: Weereens het die Clarens-inwoners die Naude-familie in hierdie tyd vermaak en versorg en het tannie Ronwe vir die nodige verjaarsdagkoek gesorg. Ons moet tog pasop om nie te min in daardie lekker wereld te gaan kuier nie! Ek mis net ons liewe kabouter-peetseun op die foto hieronder.
En net mooi 2 dae terug gaan wen ons gesin weer vir onsself 'n paar pretstap-medaljes by die dieretuin. En daar gaan ons die kabelkarretjie ook op en sien ons stad (en die diere, natuurlik) bietjie van bo af.
Die videos hier onder is van ons Annikatjie se eerste openbare optredes. Die eerste een was by Pierneef teater - waar sy en Jade die poppe laat dans het. (Die spesifieke gumboots-dansstyl is juis die oggend deur afrigter Gift Mtshweni vir haar en E aangeleer). Let ook op sy Marimba-begeleiding op die tweede snit getiteld "Ram-tam-tam, die kat val in die dam".
Dis 'n vol blog die slag - maar dit sal nie volledig wees sonder 'n reklameflits nie. En 'n flits sal jy nodig he as jy een aand na Amazing Mazes in Honeydew toe gaan. Dit was n heerlike belewenis en sal weer gebeur. Hier onder is die lugfotot van die "elemental maze" wat ons 1 en n half uur besig gehou het (en ek en P kon net 4 van die 5 secret gardens kry). Dis van hoe riete gemaak en die ware jakob. In die somertyd is daar 'n Maize maze wat twee keer langer (4.5 km se paadjies) is.
Om af te sluit my voorblad vir die Barmhartigheids-offer brief so maand terug.
Arri-viderci. Tot wederlees.
‘n Blok van jou huis af, of dalk is dit jou bure, het ‘n man gewoon. Toe ek hom ontmoet het, was sy eerste woorde “Ontmoet die ou met die grootste voël in Mountain View”. Want op daardie stadium was daar ’n teelpaar emu’s (amper soos volstruise) in hulle erf. Intussen was daar ’n verskeidenheid van vreemde sjinese honde, baard-iguanas, mak varkies,en skilpaaie wat hulle-self in sy klein stukkie erf tuisgemaak het. Daar was altyd plek vir nog ’n asempie. ‘n Interessante ou gewees. Ek weet nie tot watter standerd hy klaargemaak het nie, ek twyfel selfs of hy tot by die standerds gekom het, want hy en lees was nie pelle nie. Hy het êrens ysters gebuig vir ’n werk totdat sy rug en hart daarvan ingegee het. Die laaste paar maande was ’n suurstofmasjien gewoonlik langs sy witgeverfde tuindraadstoel. Hy kon lekker vloek en was net in die kerk toe sy ma begrawe is, en daarna sy vrou en toe hyself. Voor dit was seker so 20 jaar terug toe die doktor-dominee hom met sensuur gedreig het as hy nie nagmaal toe kom nie. Hy het toe vir die groot beker gevra, het hy my meegedeel.
Daar is baie dinge wat ’n ou kan laat sukkel – ’n dogter wat van vroeg af ’n siekte gehad het, ’n kwaai emfiseem-ma wat in die granny-flat bly, ’n kreupel vrou wie se lewe toe eerste geeindig het, ongewenste swangerskappe, en die lysie hou aan. Op ’n manier was daar genoeg kos, moenie vra hoe nie. Op ’n manier was daar selfs genoeg finansies om ’n hawelose vreemdeling blyplek en kos te gee. Die haweose is nie meer haweloos nie - hy bly nog steeds in daardie huis. En toe daar ’n heining gebou is, is daar sommer vir die buurman ook bygelas. Die buurman en sy vrou, wat beide ook nie ’n werk het nie, en by wie sy kleinseun ook grootgemaak word.
Hoekom hierdie storie in die barmhartigheidsbrief? Miskien om net ons oorkant die muur te laat loer en te sien wat rondom ons aangaan. Daar is op soveel vlakke baie nood in ons omgewing. Dit is wonderlik dat u iets finansieël gee vir liefdadigheid. Dit maak baie dinge vir die kerk moontlik. Maar op die ou-einde is die kerk net eenvoudig jy. Jou oë wat raaksien waar daar rondom jou nood is en jou hande is die kerk wat ’n verskil maak. ...
[Die huis van oorle Marion Ferreira]