Ons webalbum

Elke maand (omtrent) n paar fotos, stories of gedagtes uit my keyboard

Friday, October 26, 2007

Families bymekaar en deurmekaar

Met die reen wat al weer heerlik op pers Pretoria val sien ek kans vir die uitdaging:
'n Maand en n half se report in fotus en selfs ook woorde. Die uitdaging is om saam met John Lennon oor party fotos wat op jou rekenaar is, te se: "Let it be"

Ek kan nie anders as om te begin met ons 2 kinnertjies nie. Hulle is natuurlik baie oulik. Ons stapperye om die blok is nog steeds 'n gereelde instelling en oral langs die pad maak ons vreemde vriende.
By die kerk rol die (trein?) wiele ook afdraande na die einde van die jaar toe. Vanaand is juis groot jaarbeplanning (Ons dink ons kan ons dink ons kan ons dink ons kan!). Die foto hier onder is nog vroeg September met ons Sendingfees. Saam is my kollegas, 2 vrouens uit Madagaskar (Tatienne en Lala - ja, soos die telletubbies) en Johnetta, 'n ander sendeling wat al goeie vriende geraak het.
Daar gebeur mooi dinge in ons gemeente - volgende jaar het ons bv in die oggend gelyklopend met die tradisionele oggenddiens ook 'n gesinsdiens in die saal. Nogal 'n uitdaging, maar 'n lekker een.

O die families! Ons kan mekaar nie uitlos nie, maar op 'n antwoord van een van Petra se werkmense se vraag: "Is it good or bad?", net dit: "Good!"
Oom Gerhard Griesel se 60ste verjaarsdag was een van die eerste verskonings - en 'n spul van die le Rouxs (Petra se ma se familie) kon weer bymekaarkom. Selfs die wyse tannie Willa van Namibie. (Jammer oor julle rugbyspan, tannie!)
Die volgende keer wat ons weer so bymekaarkom sal seker wees met Narike en Pierre se troue! (Shoe, ek gebruik nogal die uitroeptekens in hierdie blog-inskrywing. Hoe anders? !!). April volgende jaar en daar word klaar al lekker beplan. Geluk liggie en Peer - ons het weer 'n groot party nodig gehad. En Herman (en nou al amper Adri) is ook nou vir 'n jaar of 2 uit die land uit. Van groener weivelde soek kan ons hulle nou nie beskuldig nie - daar is nie baie daarvan in Saoedi nie.

Ons liewe Eduan het alweer gaan kuier in die hospitaal. Sy ore het pypies gekry, maar soos 'n geoefende Buddhis (lyk hy nie soos 'n Zen-monnik in sy hospitaal-pakkie nie?) het hy nie dat die omstandighede hom onder kry nie.
En as die lewe druk, sing net 'n lied op ouma-grootjie Petra se klavier (wat Naude moes aanry en nou heerlik in ons sitkamer staan). Alle deuntjies op 'n stokkie: Dankie daarvoor oupa en ouma.
En nou oor die Clarens-kuiers met 'n "s" aan die einde ja(!) Einde September die eerste keer - net ons en die grootouers. En daar ontdek die oupa onder andere die eintlike rede hoekom hy nog nooit die termietnes gesloop het nie. Wie het nou 'n duikplank nodig as daar 'n miernes en 'n oupa is?
Die tweede kuier was die befaamde, chaotiese, jaarlikse Naude-naweek, met 'n gesin Kritzinger, van Niekerk, Stolz en Wolmarans, en nog die oumas, oupas en Johannes by. Op een erf. Gelukkig 'n groot erf. Maar selfs met groot erf en al moet mens partykeer maar die hase-pad kies om jou eendjies by die eendedam bymekaar te gaan kry.

hier bo is vlnr Johanni, Sone, Ronette, Clarice, Zia en (die groot een) Henry. Henry se entoesiasme het ons in die stroom van bergfiets-paadjies laat indryf en ons in die regte mood vir 'n Springbok-oorwinning gesit. Al kon Habanana nie die doellyn haal nie kon Percy darem die paal haal. Bokke!(!) En die jongste bok, Hanru van Niekerk, moet sekerlik vermeld word. Van die vorige inskrywing het hy sy 1(jaar) punt behaal. En moet nie van Clarice se fietsry-vernuf vergeet nie - een van die dae sal sy net so hard soos haar pa met 'n fiets oor die miershoop kan val.

Wat laat die getal 30 (!) jou aan dink? Vra maar vir Petra, nie dat sy jou in haar gryse ouderdom sal antwoord nie. Ja, my vroutjie word nou mooi groot. En rondom die groot 30 was daar 'n treat by 'n spa("Oe, is my liewe man nie te oulik nie!")
en natuurlik die die Lion King Broadway Musical (!). Dis 'n blog op sy eie werd. Watch out Cats en Joseph en Phantom en wat nog. 'n Belewenis van kostume, stemme. choreografie en alles wat mens se mond laat oophang. Hier onder net 'n fototjie van Monte-casino waar ons 'n Gourmet-burger of 2 geeet he

Maar, om af te sluit (soos die dominee maar altyd moet se), net 'n fototjie of 2. Ons mooi berg wat groen word, 'n paar van die feeverhale karakters wat saam met ons om die blok stap, en die grondgekrapperye wat die lentelug in ons wakker maak. (dis mielies wat ons daar plant - ons hou ook nou die mielie-prys dop). Tot 'n volgende keer. groete